Plant-Pannar-vir-’n-voorsprong:-Maak-wins-met-wenkultivars
AanPlant-Pannar-vir-n-voorsprong-Maak-wins-met-wenkultivars/p>
Kyk net wat bied Pannar vanjaar:
Goed, beter, bone
Pannar se toppresterende rooi gespikkelde suikerboonpakket met PAN 148, PAN 128, PAN 116 en PAN 9249 bied uitsonderlike opbrengsprestasie en stabiliteit.
Pannar se droëboonkultivarpakket voldoen aan die meeste behoeftes.
PAN 148, die gewildste kultivar in die Pannarpakket, is wyd aangepas en presteer veral goed in Mpumalanga. PAN 148 lewer stabiele opbrengste in die meeste opbrengsvlakke. PAN 148 het ’n goeie graankleur en lewer relatief minder gesplete bone. Dit het goeie agronomiese eienskappe met relatiewe goeie weerstand teen roes. PAN 148 word aangevul deur PAN 128.
’n Nuwe kultivar, PAN 139, is nou beskikbaar. Dit het ’n groeiwyse soortgelyk aan PAN 116 met ’n hoër opbrengspotensiaal. Dit beskik oor ’n onbepaalde groeiwyse soos PAN 148 en PAN 128, maar groei baie meer regop. PAN 139 is goed aangepas om optimale toestande uitstekend te benut en presteer goed in al die droëboonproduksiegebiede. Dit kan met vrug saam met PAN 148, PAN 128 en PAN 116 in ’n pakket aangeplant word. Wat weerstand teen meeste van die bonesiektes betref, is dit soortgelyk aan PAN 148.
Sonneblombasters wat kook
Pannar se sonneblomkultivarpakket is sinoniem met hoë opbrengspotensiaal, uitstekende stabiliteit oor seisoene heen en ’n wye gebiedsaanpasbaarheid. ’n Verdere kenmerkende eienskap van die pakket is bruinroesweerstand in verskeie basters. Saad van die volgende basters is beskikbaar:
PAN 7033 is die gewildste sonneblombaster in die Pannar-pakket en het homself vinnig as die leierbaster in Suid-Afrika gevestig. PAN 7033 handhaaf die afgelope drie jaar topprestasie in Pannar en die LNR se nasionale proewe en het as bonus weerstand teen bruinroes (Puccinia helianthi). Dié baster word as hoofbaster in die pakket aanbeveel.
Die nuwe volseisoen-drierigtingbaster, PAN 7048, handhaaf ’n uitstekende opbrengsstabiliteit en het ’n hoë olie-opbrengs. PAN 7048 word aanbeveel vir gebiede waar bruinroes ’n probleem is. Dit is bestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi).
PAN 7351 is ’n gewilde baster het hoë opbrengspotensiaal. Dit lewer uitstekende stabiele prestasie in kommersiële aanplantings en is ’n staatmaker in al die sonneblomproduksiegebiede.
Meesterlike mieliebasters
’n Paar opwindende nuwe toevoegings vul Pannar se reeds skitterende mieliebasterpakket aan. Die witpakket sluit PAN 6Q-321B en PAN 4P-767BR in. In die geel is daar die twee stapelgeen-geelbasters, PAN 3P-730BR en PAN 3D-736BR vir besproeiing, asook PAN 6Q-308B en PAN 4P-116 vir droëlandverbouing. Daar is nog saad van die volgende basters beskikbaar:
Witbasters
Vinnige groeiklas
PAN 4P-767BR: Hierdie Bt/RR-stapelgeenbaster is aangepas vir droëland en besproeiing in al die produksiegebiede. Dit het goeie staanvermoë, is sterk meerkoppig en beskik oor goeie algemene siekteweerstand.
PAN 6223B: Dié baster met stronkboorderweerstand presteer veral goed in die sentrale en westelike Hoëveld-produksiegebiede.
Medium groeiklas
PAN 6Q-321B: Dié toppresterende baster met stronkboorderweerstand is die opwindendste toevoeging tot die Pannar-stal en ’n goeie keuse vir droëland, veral in die oostelike Hoëveld. Die baster is agronomies goed gebalanseerd en het ’n uitstekende staanvermoë sowel as siekteweerstand.
PAN 6013B: Die baster met stronkboorderweerstand doen goed in al die streke en is ook goed aangepas vir besproeiing. Dit is ’n netjiese planttipe wat min spruit met ’n goeie staanvermoë.
Geelbasters
Ultra-vinnige groeiklas
PAN 3P-730BR: Hierdie Bt/RR-stapelgeenbaster het ’n uitstekende staanvermoë en prestasie in alle produksiegebiede van die ooste vir droëland en besproeiing. Dit het goeie weerstand teen noordelike mielieblaarskroei (witroes).
PAN 3D-736BR: Dié alsydige stapelgeenbaster is ’n aanwins in die pakket. Dit is soortgelyk aan PAN 6236B en ’n goeie keuse waar die voordeel van stronkboorderweerstand en Roundup Ready Plus®-onkruiddoderverdraagsaamheid saam ingespan word.
PAN 3D-736BR het ook goeie noordelikemielieblaarskroeiweerstand. Dit is ’n baie goeie keuse onder besproeiing vir al die warmer gebiede, wat ook Limpopo insluit.
Vinnige groeiklas
PAN 4P-116: Hierdie nuwe baster is in die groeiklas van PAN 6026 en kan met vrug in al die gebiede waar PAN 6026 geplant word, oorweeg word. Die baster is besonder sterk meerkoppig.
Medium groeiklas
PAN 6Q-308B: Dié nuwe baster met stronkboorderweerstand is ’n alsydige presteerder met bogemiddelde prestasie in die Pannar-proewe die afgelope drie jaar. Dit kan aanvullend of waar ’n Bt-baster benodig word saam met PAN 6616, PAN 6966 en PAN 6P-110 aangeplant word.
Daar is ’n bekwame, behulpsame Pannar-verteenwoordiger wat die boer se saak verstaan naby jou. Vir meer inligting kontak gerus een van die volgende kantore:
Hoofkantoor
033-413-9500 of e-pos infoserve@pannar.co.za
Webwerf: www.pannar.com
KwaZulu-Natal en Kaap (Greytown)
Noordwes (Klerksdorp) 018-406-1700
Oostelike Hoëveld en Limpopo (Delmas) 013-665-8914
Sentraal Hoëveld (Heidelberg) 016-341-6404
Wes-Vrystaat en Noord-Kaap (Kroonstad) 056-216-3000