Plant met Semeato en oes wins
Die verskil tussen sukses en mislukking van gewasse begin met die plantproses. Insetkoste is hoog, daarom plant die wyse boer so dat hy die maksimum sukses behaal.
So ’n wyse boer is Hans-Peter Graff van Kwasizabantu se melkplaas naby Mooirivier in Natal. Die melkery steun swaar op aangeplante weiding, hoofsaaklik raaigras en klawer.
Raaigras en klawer.
Met die planters wat hy voorheen gebruik het, was die ontkieming nooit regtig goed nie, omdat die plantdiepte nie akkuraat gestel kon word nie. Die planters het net snyskottels gehad wat blote V-vore gemaak het waarin die saad val, sodat dit nooit daardie lekker ferm grondkontak gemaak het wat so nodig is vir behoorlike ontkieming nie.
Maar nou het die hele prentjie verander met Valtrac se Semeato-geenbewerkingplanter. Hierdie planter het die unieke, gepatenteerde, guillotinesnyskottel met ’n skoentjie agter die snyskottel, wat ’n snoesige saadbed skep sodat al die saad gelyktydig sterk ontkiem.
Elke ry-eenheid is aan sy eie parallelogram met drukverstelling en toetrapwiel en volg die grondkontoere onafhanklik sodat jy selfs op ongelyke grond ’n perfekte plantdiepte handhaaf.
Die Semeato plant lag-lag deur digte plantreste en ander gewasse soos kikoejoe en behou deurgaans sy perfekte plantdiepte en saad- en kunsmisplasing. Elke pit en elke korrel kunsmis wat jy met hom in die grond plaas, werk om ’n wenopbrengs te verseker.
Vir Hans-Peter is doeltreffendheid en verhoogde produksie belangrike vereistes en daaraan voldoen die Semeato uitmuntend. Vanwee sy doeltreffendheid verseker die Semeato ’n beter plantestand en meer tonne per hektaar, wat meer, beter voeding vir sy koeie beteken en wat hom gehelp het om sy stalgemiddeld met twee liter per dag op te stoot.
Met hierdie beter benutting van beskikbare grond en verhoogde wins het die planter homself reeds vroeg in sy eerste seisoen klaar betaal.
Dis duidelik dat die stewige Semeato baie jare getroue diens sal gee, sê Hans-Peter. Dis ook baie maklik om die planter te kalibreer, alhoewel Hans-Peter graag sou wou he dat die planter ’n bak moes hê waarin saad tydens kalibrasie opgevang kan word.
Volgens Hans-Peter is die Semeato se prys baie mededingend en die planter is beslis sy geld werd. Sommige ander planters is veels te duur vir wat jy kry, sê hy.
Hans-Peter se 11-rymodel plant sowat 8 hektaar per dag met ’n 45 kW -trekker. Dis so lekker om met die planter te werk, dat hy graag self plant wanneer hy die kans kry, sê Hans-Peter. Omdat hy soms alleen werk, het hy die kunsmisbak omgedraai en ’n platform voor op die planter aangebring sodat dit nou makliker is om die kunsmisbak vol te maak, want jy hoef nie meer van agter af bo-oor die saadbak daarvoor te leun nie. Die planter hou 300 kg kunsmis (6 sakke) en sowat 100 kg raaigrassaad.
Soja, oulandsgras en hawer
Naby Underberg produseer Super Spuds aartappelmoere, maar ook Beefmastervleis, mielies en sojabone. Chris Dwen van Super Spuds is hoogs tevrede met die Semeato-planter se prestasie met soja, oulandsgras en hawer. Die Semeato het ’n saadbak vir groter sade soos soja en ’n fynsaadbak vir gewasse soos hawer en selfs tef.
Soja word geplant deur die voorste eenhede reg voor die agterstes in te skuif. Dit gee jou ’n bykomende snykouter wat verseker dat jy deur die digste
oesreste kan sny. Die Semeato is stewig en sterk gebou en hy is swaar genoeg vir doeltreffende geenbewerkingplantwerk deur vorige materiaal, sê Chris.
As volwaardige geenbewerkingplanter kan die Semeato ook vir konvensionele plantwerk gebruik word, maar as vorige plantreste te veel versteur en die grond te los bewerk word voordat jy plant, kan dit gebeur dat die skyfkouters nie deur plantreste sny nie omdat die grond onder die materiaal meegee. Hoe minder die grond losgemaak en die materiaal versteur word, hoe kleiner is hierdie probleem en met volledige geenbewerking is daar hoegenaamd geen probleem nie.
Dit is kinderspeletjies om die Semeato te kalibreer en met hom te werk, se Chris, en hy is baie tevrede met Valtrac se kundigheid en diens. Die groot toets vir ’n planter is hoe die gewas wat geplant is ontkiem en groei, en hoe groot die opbrengs is. Kyk maar self hoe Valtrac se Semeato daardie toets slaag.
Smutsvinger en voersorghum
By Van Reenenspas boer Wessel Campher vir vleis met Brangus-beeste. Hy
voer sy eie osse en daarvoor plant hy mielies, voersorghum, raaigras en
Smutsvinger. Geenbewerking het nuwe horisonne vir die boer oopgemaak, maar daarvoor het jy ’n planter nodig wat sy man kan staan. Wessel plant sy mielies perfek met Valtrac se gedugte Tatu Cop Suprema en verlede jaar het hy vir hom ’n Semeato van Valtrac aangeskaf, waarmee hy alles anders, tot tef, kan plant.
Vanuit die staanspoor het die Semeato homself bewys as ’n planter wat sy prys deeglik werd is.
Wessel wou ’n planter koop om elke jaar, nadat hy sy mieliekuilvoer gekerf het, geenbewerkingraaigras in die mielieland te plant. Hy het na verskillende planters gekyk, maar toe hy die Semeato op Nampo sien, het hy sommer
geweet hier is die beste. Dit prys was boonop reg en hy het geweet hy gaan die allerbeste diens kry, want sy Tatu-planter en drie Valtratrekkers het hom reeds gewys dat Valtrac se legendariese diens sorg dat ’n Valtrac-boer nooit nodig het om te sukkel nie.
Al Valtrac se produkte word deeglik uitgekies om ’n spesifieke behoefte in die Suid-Afrikaanse landbou te bevredig, sodat die boer net kan aanhaak en boer.
Daarom het Valtrac genoeg vertroue in hulle produkte om hulle sake soms ’n bietjie anders te doen: Waar dit by ander verskaffers ’n kwessie van koop of los is, vertel Wessel, het Valtrac ’n Semeatoplanter op sy plaas afgelaai en gesê: “Gebruik hom en kyk of jy tevrede is, dan besluit jy.”
Wessel was honderd persent tevrede en vandag, na ’n jaar se eersteklas plantwerk, is hy steeds honderd persent tevrede.
“Die Semeato plant doeltreffend met ’n goeie spasiering en ’n goeie plantdiepte, met noukeurige kunsmisplasing, maklike kalibrering, goeie ontkieming en groot betroubaarheid,” sê Wessel.
Opwindend
’n Opwindende nuwe moontlikheid wat die Semeato vir Wessel oopgemaak het, is om die drakrag van sy grond drasties te verhoog deur die inplanting van Smutvingergras. Op die wenakkers rondom sy spilpuntsirkels, langs die
paaie, op die bulte, oral op sy plaas stoot Wessel die Semeato in om met geenbewerking Smutsvinger te plant en so ’n magdom voer te produseer wat goud werd is.
Of hy die massa Smutvinger gaan baal of met ’n Pottinger-kuilvoerwa van Valtrac kuilvoer daarvan gaan maak, moet Wessel nog besluit, maar hoe ook al – daardie Smutsvinger het reeds sy Semeato oor en oor betaal.
Koring
Die Semeato is in die eerste plek ’n geenbewerking-koringplanter, alhoewel dit ook enigiets anders kan plant, selfs mielies. Dit is beskikbaar in modelle van 6 tot 33 rye wat kleingraan van 1,19 tot 5,44 meter wyd kan plant.
Die Semeato-reeks is die nuwe generasie in veelsydige planters. Dit bemagtig die geenbewerkingboer om met een planter soja, voergewasse, koring en dekgewasse te plant. Dekgewasse word al hoe belangriker om grond te beskerm tussen seisoenale aanplantings of nadat kuilvoer gesny is.
Semeato se doel was om ’n planter te maak wat betroubaarder, akkurater en
produktiewer as ander planters is. Semeato-eienaars is dit eens dat die doel bereik is. Van die Semeato se voortreflike eienskappe is:
• Op die 11-rymodelle hou hidrouliese silinders die aandryfwiele deurgaans
stewig op die grond sodat die planter deurgaans akkuraat plant.
• Elke ry-eenheid beweeg onafhanklik om perfekte plantdiepe in elke ry te
handhaaf. Die teleskopiese saad- en kunsmisbuise sorg vir akkurate plasing.
• ’n Spilskroef verstel die druk op die guillotine-snyskottels maklik om by die
planttoestande aan te pas.
• ’n Wurmuitmeetstelsel meet kunsmis presies uit.
• ’n Gegroefde uitmeetbeker meet fyn saad presies uit.
• Vir nog meer veelsydigheid kan mielieeenhede vir die Semeato bestel word,
volledig met vingerplantereenhede, V-toetrapwiele en dieptebeheerwiele.
Plant kan ook vir jou ’n plesier wees wat klinkende munt in jou sak beland.
Praat met Mike de Villiers by 082-414-5530 of besoek www.valtrac.co.za vir meer inligting oor die Semeato-planter en Valtrac se wye reeks ander wenwerktuie vir die boer.
Kyk net hoe mooi kom die raaigras op wat Hans-Peter Graff met sy Semeato by kaal kolle ingeplant het.
So groei Smutsvinger wat Wessel Campher van Van Reenen met sy Semeato-geenbewerkingplanter van Valtrac oral op sy grond vestig. Hierdie Smutsvinger is afgeneem in dieselfde seisoen as wat dit geplant is.
Super Spud se soja is net so tussen die onkruid op die land geplant en toe met Roundup gespuit. Die Semeato-geenbewerkingplanter verseker ’n baie goeie stand en ontkieming.
Hierdie skoentjie net agter die Semeato se snyskyfkouter en net voor sy saadplasingsopening verseker ’n snoesige saadbed vir perfekte ontkieming.