Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Plant kuilvoer – ’n beter belegging as geld

By 2 min read

’n Stewige voorraad kuilvoer is die boer se beste versekering teen maer jare en ’n beter belegging as geld in die bank.

Ordentlike kuilvoer kan jare lank hou en die boer teen verliese as gevolg van droogtes beskerm. In droogtejare moet boere dikwels noodgedwonge van hulle vee teen weggepryse verkoop, bloot omdat hulle nie genoeg kos vir hulle het nie.

Na die droogte moet hulle weer betaal dat hulle bars om vee aan te koop om hulle boerdery voort te sit.

Daardie boer wat sy vee dwarsdeur die droogte in kondisie kan hou, is die boer wat wen.

Kuilvoer is een van die beste, voedsaamste, smaaklikste, waardevolste voersoorte wat vir die boer die angel uit die skraal wintermaande haal en die melkboer help om ook ’n deeltjie van die vrug op sy arbeid uit die voermaatskap py se hande te herwin.

Kenners is dit eens dat mieliekuilvoer die beste kuilvoer is. Tien of vyftien hektaar kuilvoer kan ’n veeboer baie ver bring, maar dit regverdig nie die koste van groot trekkers of allemintige lugdrukplanters nie.

Wat die veeboer nodig het is ’n kleiner, eenvoudige, maklik-om-te-werk, betroubare plantertjie wat tog deeglik kan plant. Daardie planter is ongetwyfeld Valtrac se Tatu Marchesan T2SI-planter wat in variasies van 2, 3, 4, 5 of 6 rye beskikbaar is met ry wydtes van 450 tot 1 350 mm.

Die planter kombineer gehalte, doeltreffendheid, lae koste, maklike werking, eenvoud en lae onderhoud. Enigiemand kan perfek plant met hom.

Hy haak aan die trekker se driepunt sodat hy plant wanneer jy hom laat sak en ophou wanneer jy hom optel. Die saadbakke hou 34 liter elk en die kunsmisbakke 50 kg. Al die bakke is van polie tileen gemaak om jare en jare te hou.

Die plantdiepte, kunsmistoediening en plantspasiëring kan maklik verstel word en jy kry saam met die planter ook ’n mielie- en sojaboonplaat.

Maak jou beeste bly. Praat vandag nog met Hennie du Toit van Valtrac oor jou eie kleiner planter vir die kuilvoerseisoen. Sy nommer is 082-880-3412 of 056-817-7308 en sy e-posadres henniedut@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0