Categories: NewsPublished On: 28th October 2011

Plaaswerkers kry erkenning

By 1 min read
208 words
“Plaaswerkers is ongelooflik belangrik vir die Wes-Kaap, en die Provinsiale Regering besef dit”, het Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling gister op Vredendal  gesê.
 
Mnr Van Rensburg het ongeveer 800 plaaswerkers toegespreek by vanjaar se  Namaquafees op Vredendal.
 
Hy het werkers aangemoedig om hulle vaardighede te verbeter om sodoende  op hoogte te bly met nuwe tegnologie in die landbousektor. 
 
“Daar is ook `n blink toekoms vir julle kinders in landbou, maar dan moet hulle hard werk op skool en ook probeer om na skool verder te studeer”. Mnr Van Rensburg het gesê dat daar in die toekoms loopbaangeleentede in die landbou gaan wees wat vandag nog nie  bestaan nie.
Hy het ook die geleentheid gebruik om plaaswerkers aan te moedig om aan die Provinsiale Plaaswerker Kompetisie deel te neem. “Hierdie kompetisie gee erkenning aan die top plaaswerkers in ons provinsie, en die algehele wenners word deel van die Prestige Plaaswerker Forum, wat op gereelde grondslag direk met my vergader oor plaaswerker aangeleenthede.”
 
Hierdie is die enigste Forum van sy soort in die land waar plaaswerker verteenwoordigers  die geleentheid het om direk met die minister te praat. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0