Categories: NewsPublished On: 14th February 2011

Plaasmoorde plaas staatsrede in grusame konteks

By 1 min read
130 words
Ds Theunis Botha, leier van die Christen Demokratiese Party sê die jongste plaasmoorde plaas die president se standpunte oor ‘n afname in sekere misdaadkategorieë in grusame konteks.
 
Dit volg na Deon van Staden en sy vriendin, die 73-jarige Babs Strecker, vermoor is. Ds Botha sê sedert president Jacob Zuma se staatsrede het nog twee plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat voorgekom.
 
 “Ons is baie bekommerd daaroor dat plaasaanvalle en ook plaasmoorde so onverpoosd voortduur, nie net in Noordwes en die Oos-Vrystaat nie, maar landswyd. Ons doen weer ‘n beroep op die regering om die saak met die nodige erns aan te pak en dat die boodskap konsekwent uitstuur word dat die landbougemeenskap nie vrybuit is nie”, het ds Botha gesê.
 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0