Categories: NewsPublished On: 27th January 2012

Plaasbestuurder-aangekeer-oor-renosterhorings

By 1 min read
114 words

‘n Plaasbestuurder van Naboomspruit in die Limpopo-provinsie is in hegtenis geneem nadat renosterhorings, olifanttande en onwettige vuurwapens in sy besit gevind is.

Mnr Jan Luis Lessing (58) is deur die polisie in hegtenis geneem nadat drie renosterhorings, vier olifanttande en onwettige vuurwapens in sy besit gevind is. Hy het in die Naboomspruit-landdroshof verskyn en is borgtog van R3 000 toegestaan, volgens die polisie.

Mnr Lessing beweer dat hy die horing en tande in ‘n kluis op die landgoed gevind het, maar kon nie ‘n permit daarvoor te verskaf nie.

Die polisie gaan DNS-toetse doen om die oorsprong van die renosterhorings en olifanttande vas te stel.

Die saak is uitgestel tot 29 Maart 2012.

Bron: Nuus24

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0