Plaasaanvalle-nou-ook-in-die-Overberg
![]() |
Mnr Niel Neethling, voorsitter van die Overberg Distrikslandbouvereniging, het sy skok uitgespreek oor die onlangse plaasaanvalle wat in die andersins vreedsame Overberg plaasgevind het.
Op die plaas Hanskraal van mnr AJ du Toit, in die Protem omgewing is ‘n werknemer mnr Jacques Liebenberg in die vroeë oggendure op 11 Junie deur swaar gewapende mans aangeval. Mnr Liebenberg het ondermeer bylkapwonde opgedoen maar kon van sy aanvallers ontsnap.
Klaarblyklik was dieselfde groep verdagtes verantwoordelik vir die aanval op die egpaar Groenewald van die plaas Klipfontein in die Ouplaas omgewing. Die verdagtes is kort na die voorval inhegtenis geneem.
Mnr Neethling hetdie polisie namens die landbougemeenskap vir hulle flink optrede geloof en die landbougemeenskap gevra om noodmaatreëls soos die gebruik van twee-rigting radio’s inwerking te stel.