Categories: NewsPublished On: 9th November 2011

Pioneer-Hi-Bred-en-Pannar-Saad-appelleer-teen-Mededingingstribunaal-se-besluit

By 2 min read
324 words
Pioneer Hi-Bred, ‘n filial van DuPont, en Pannar Saad het appèldokumente by die Suid-Afrikaanse Mededingingsappèlhof ingedien. Hulle appelleer teen die besluit van 14 Oktober deur die Suid-Afrikaanse Mededingingstribunaal wat Pioneer verbied om ‘n meerderheidsaandeel in Pannar te bekom. 
 
Die Mededingingstribunaal het die vorige besluit van die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie gehandhaaf. Die Mededingingstribunaal het aangedui dat dit die redes vir sy besluit in die komende weke bekend sal maak.
 
Pioneer en Pannar glo dat hulle oortuigende tydens die Mededingingstribunaalverhoor aangedui het dat die transaksie nie mededinging in die saadmark sal verminder nie. 
"Ons is verbind tot die verhoging van die landbou-produktiwiteit in Suid-Afrika en die res van Afrika en glo vas dat hierdie vennootskap boere vinniger en meer doeltreffend van beter saadprodukte sal kan voorsien, as wat Pioneer of Pannar dit op hul eie sou kon doen" het Pioneer se president, Paul Schickler gesê.
 
Brian Corbishley, die voorsitter van Pannar het op sy beurt gesê dat Pannar ‘n familiebesigheid is wat reeds vir meer as 50 jaar in Afrika sake doen. "Ons is terdeë bewus van die uitdagings wat klein en kommersiële boere in Suid-Afrika en Afrika in die gesig staar.” 
 
“Ons is vol vertroue dat ons kliënte en ons werknemers uit hierdie voorgestelde vennootskap, ingevolge waarvan addisionele beleggings in die nuutste tegnologie en navorsing in Suid-Afrika sal plaasvind, sal baat. Dit sal Suid-Afrika die geleentheid bied om ‘n saadtegnologie-leier te bly vir die Afrika-vasteland, sowel as om doeltreffender op die wêreld se graanuitvoermarkte mee te ding" het mnr Corbishley gesê.
 
Pioneer en Pannar behou die reg voor om hulle appèl na ontvangs van die Tribunaal se redes te wysig en aan te vul. 
 
Die oorname is reeds deur die regulatoriese owerhede van Kenia, Malawi, Namibië, Swaziland, Tanzanië, en Zambië goedgekeur.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0