Pannar-toon-nuwe-en-ou-staatmakers
Pannar se jaarlikse Gewasextravanganza trek hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aan om dit vir boere makliker te maak om meer inligting te kry oor die produkte waarin hulle belangstel. Daar is ook ‘n klompie groot pryse in die spel vir boere wat by die Extravaganza saadbestellings plaas.
Praatjies word aangebied oor die Panacea plantgesondheidsinisiatief en die nuwe Pannar Agronomiese Navorsingsprogram wat ten doel het om meer waarde toe te voeg en maksimum opbrengste te verseker.
Besoekers sal meer kan uitvind oor nuwe kultivars en bestaande staatmakers in Pannar se produkreeks van witmieliebasters, ‘n nuwe groenmielie, geelmieliebasters, koring, graansorghum, sonneblom, sojabone en droë bone.
Pannar sê: “Ons is ‘n maatskappy wat in elke opsig sterk in Suid-Afrikaanse landbou gewortel is. Ons bewese rekord van uitstaande produkte en dienslewering spreek vanself.”
Besoek die Extravaganzas op die volgende dae:
Delmas: 15 & 16 Februarie
Klerksdorp: 22 & 23 Februarie
Biesiesvlei: 7 Maart
Kroonstad: 14 Maart
Meer besonderhede is beskikbaar op www.pannar.co.za.