Pannar-se-witmielies:-Wêreldgehalte-genetika-verseker-sukses
’n Ywerige strewe om immer beter saadtegnologie tot voordeel van die boer te ontwikkel, stel Pannar in staat om die produkte en diens te lewer wat vir elke boer in elke streek volhoubare winsgewendheid verseker.
Elke Pannar-baster is bekend vir stabiele prestasie oor verskeie seisoene.
Elke produksiegebied het sy eie aard en daarom beveel Pannar ’n kern-saadpakket vir elke gebied aan. Dis belangrik om meer as een baster te kies, liefs drie tot vier, om risiko te versprei.
Vandeesmaand kyk ons na Pannar se aanbevelings vir witmielies in die Oostelike produksiegebied en volgende maand sal die Weste aan die beurt kom.
Die Oostelike gebied sluit die Wes-Rand, oostelike Hoëveld, KwaZulu-Natal en die koel dele van die Oos-Kaap in.
Die volgende basters word vir die gebied aanbeveel:
PAN 6227, PAN 6611 en PAN 6777 word as konvensionele keuses aanbeveel.
Waar stronkboorder ’n probleem is, is PAN 6013B die antwoord.
PAN 6P-563R is die keuse vir Roundup Ready Plus-verdraagsaamheid. PAN 6P-563R en PAN 4P-767BR is nuwe toevoegings tot die reeks, en laasgenoemde is die langverwagte stapelgeenbaster wat beskerming teen sowel stronkboorder as Rondup Ready-onkruiddoder bied.
’n Baster vir elke behoefte
PAN 6227: ’n Onlangse vrystelling in die medium-vinnige groeiklas, gekenmerk deur uitstekende verdraagsaamheid teen grysblaarvlek en Diplodia-kopvrot. Plant teen ’n hoër stand aan.
PAN 6611: Baie wyd aangepas en toenemend gewild in die medium-groeiklas in die Ooste en Weste vir graan en kuilvoer. Soortgelyk aan PAN 6479 wat baie stabiel is en goeie agronomiese eienskappe het.
PAN 6777 (medium-laat groeiklas): Lewer ’n hoë opbrengs, het ’n baie goeie staanvermoë, bied sterk weerstand teen grysblaarvlek en het ’n goeie blaarsiekteverdraagsaamheid. Baie suksesvol onder besproeiing en ’n goeie keuse vir kuilvoer.
PAN 6013B (medium groeiklas): Besonder goeie agronomiese eienskappe, veral sterk staanvermoë. Spruit min en is besonder aantreklik. Baie goeie besproeiingskeuse teen ’n stand van minstens 65 000 plante per hektaar. Bt-geen vir weerstand teen stronkboorder.
PAN 6P-563R (medium groeiklas): Pannar se eerste wit Roundup Ready-baster. Baie soos PAN 6013B, maar nie so enkelstammig nie. Goeie staanvermoë en agronomiese eienskappe. Plant teen 20% hoër as normaal aan. Goed vir droëland en besproeiing vir graan en kuilvoer.
PAN 4P-767BR: Vinnige Bt/RR-stapelgeenbaster met goeie aanpasbaarheid en goeie staanvermoë op die tema van PAN 6017/PAN 6013B. Agronomies goed gebalanseerd en sterk meerkoppig met goeie algemene siekteweerstand. Plant teen hoër stand aan. Presteer goed onder besproeiing.
Vir meer inligting oor Pannar se wenbasters, kontak
• Eve du Preez (KwaZulu/Natal) 082-224-3949,
• Ruaan Bosch (Delmas) 082-322-5134,
• Jannie Blignaut (Heidelberg) 083-659-5400,
• Bennie Dunhin (Klerksdorp) 082-411-1349,
• AK Geldenhuys (Kroonstad) 082-496-6058 of
• Pieter Rademeyer (hooflandboukundige) by 082-776-5583 of pieter.rademeyer@pannar.co.za.
Besoek ook Pannar se webblad www.pannar.com vir tegniese artikels en gewasproduksieriglyne.