Categories: NewsPublished On: 14th July 2010

Pannar se witmielies vir die weste: Versterk jou winsposisie met bewese genetika

By 3 min read

’n Flink span vasberade slimkoppe is immer besig om nog nuttiger Pannar-mieliesaad te ontwikkel sodat elke boer in elke streek sy posisie kan verstewig met betalende basters en ratse rugsteundiens.

Elke Pannar-baster is noukeu­rig ontwikkel en bewys met stabiele prestasie oor verskeie seisoene.

Elke produksiegebied het sy eie aard en daarom beveel Pannar ’n kern-saadpak­ket vir elke streek aan. Dis belangrik om meer as een baster te kies, liefs drie tot vier, om die risiko te versprei.

Verlede maand is Pannar se witmielies vir die oostelike produksiegebied van naderby bekyk en vandeesmaand kyk ons watter kultivars is die beste vir die weste.

Die westelike mielieproduksiegebied sluit die noordewestelike gebied wes van die Wes-Rand, die Wes-Vrystaat en Noord-Transvaal in.

Vir die gebied word PAN 6611 en PAN 6053 as konvensionele basters aanbeveel.

As jy stronkboorder wil stonk, is PAN 6995B en PAN 6013B jou antwoord.

PAN 6P-563R is die keuse vir Roundup Ready Plus-beskerming en PAN 4P-767BR is die gesogte stapelgeen wat jou die beste van beide wêrelde bied.

Kom ons bekyk hierdie voortreflike basters van naderby:

PAN 6611 en PAN 6995B is besonder aanpasbare medium­groeiklasbasters en kan oor die hele streek aangeplant word.

PAN 6995B: Uitstekend vir hoëpotensiaalgrond, sterk meerkoppig, baie stabiel. Dien goed as hoofbaster in ’n witmieliepakket.

PAN 6611: Uitmuntende aanpasbaarheid en opbrengsprestasie oor die hele westelike gebied en kan met vertroue as hoofaanplanting in die pakket gekies word. Vergelyk baie goed met PAN 6479, maar met beter opbrengsprestasie en stabiliteit.

PAN 6013B: Mediumgroeiseisoenbaster met min spruite en ’n goeie staanvermoë, goeie graangehalte, Diplodia-kopvrotverdraagsaamheid en blaarsiekte­weerstand. Hy is nie kieskeurig oor in watter soort grond jy hom aanplant nie en is wyd aangepas. Goeie keuse vir presisieboerdery en presteer ook goed onder besproeiing.

Vanweë sy enkelstammigheid word ’n 20% hoër plantestand in die weste aanbeveel. Boonop het PAN 6013B natuurlik die gesogte stamboorderweerstandgeen.

PAN 6053: Presteer veral baie goed in meer marginale gebiede. Hy val ook in die medium groeiklas.

PAN 6223B: ’n Vinnige wit Bt-baster wat teen ’n 20% hoër plantestand aangeplant behoort te word en selfs in laat aanplantings baie goed presteer.

Nuwe witbasters vir die weste is PAN 6P-563R in die medium-groeiklas en die vinnige PAN 4P-767BR.

PAN 6P-563R: Pannar se eerste wit Roundup Ready-baster. Soortgelyk aan die gewilde PAN 6013B, met ’n goeie staanvermoë, meerkop­pig en enkelstammig, alhoewel nie so enkelstammig soos PAN 6013B nie.

’n 20% hoër plantestand word aanbeveel en hy behoort, soos PAN 6013B, baie goed te presteer oor die hele westelike produksiegebied.

PAN 4P-767BR: Die gesogte stapelgeenbaster wat beskerming teen sowel stronkboorder as Roundup Ready Plus-onkruiddoder bied. Soortgelyk aan PAN 6017 met goeie staanvermoë en aanpasbaarheid en moet minstens 20% digter aangeplant word.

Besproeiing

Onder besproeiing bied PAN 4P-767BR, PAN 6013B en PAN 6P-563R baie goeie resultate, maar hier kan
PAN 6777 teen 45 000 tot 55 000 plante per hektaar ook oorweeg word. PAN 6777 is ’n mediumlang groeier met baie goeie weerstand teen blaarsiektes.

Een van die belangrike voordele van Pannar-saad is dat jy wêreldgehalte genetika wat wenoeste verseker op een plek kan kry. En met Pannar se wye bemarkings­netwerk en toegewyde diens is daardie plek op jou eie plaas.

Vir meer inligting oor Pannar se wenbasters, kontak
Eve du Preez (KwaZulu/Natal) 082-224-3949,
Ruaan Bosch (Delmas) 082-322-5134,
Jannie Blignaut (Heidelberg) 083-659-5400,
Bennie Dunhin (Klerksdorp) 082-411-1349,
AK Geldenhuys (Kroonstad) 082-496-6058 of
Pieter Rademeyer (hoof­landboukundige) by 082-776-5583 of pieter.rademeyer@pannar.co.za.

Besoek ook Pannar se webblad www.pannar.com vir tegniese artikels en gewas­produksieriglyne.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment