PANNAR-nooi-boere:-Kom-wen-met-die-wenners!
Beter as die beste – dis die gehalte waarna PANNAR immer streef, want dié maatskappy weet dat ons boere op hom reken om altyd aan die voorpunt van tegnologie te bly.
Daarom is dit geen wonder dat PANNAR se mielies, sonneblom, sojabone, droëbone en sorghum skoonskip gemaak het by die Landbounavorsingsraad (LNR) se nasionale kultivarproewe vir 2009/10 nie.
Maar wel wetend dat die vereistes al hoe strawwer word, beskou PANNAR se slimkoppe hierdie prestasie nie as ’n teken dat hulle nou kan agteroorsit nie – nee, hulle is reeds besig om nóg beter oplossings vir die boer te ontwikkel.
Boere kon self daarna gaan kyk by die gewas-extravaganzas wat PANNAR pas op verskillende plekke aangebied het. Pannar kon ’n gedugte saadpakket ten toon stel en boere het ook die geleenthede benut om hulle verteenwoordigers en landboukundiges beter te leer ken.
Pannar voer die veeboer
Die gewas-extravaganzas is betyds aangebied vir veeboere om te sien wat beskikbaar is en saad te bestel vir die vestiging van wintervoergewasse, waarvan PANNAR ’n keuse vir elke smaak en behoefte bied. So teen die einde van die winter is natuurlike weiding altyd skraps en veeboere weet die boer wat voer het wanneer die natuur nie voer het nie, is die boer wat wen. Daarom reken al hoe meer boere op PANNAR se weidingsgewasse:
Gras vir groei
Eenjarige raaigras is perfek vir melk- en vetlamproduksie en vir die afronding van speenkalwers. Die Westerworld- tipes soos Voyager 12, Voyager 31, Voyager 55, Dargle en Mispah word in Februarie/Maart onder besproeiing geplant vir benutting van April/Mei tot Oktober/Desember.
Meerjarige raaigras moet elke drie tot vier jaar hervestig word. Dit word in Februarie tot April en in Julie tot vroeg in Augustus geplant. Dit word veral vir koel gebiede onder besproeiing aanbeveel. Boere kan kies tussen Quartet, Fitzroy en die nuwe Pastoral met sy verbeterde hitteverdraagsaamheid en roesbestandheid.
Maverick Gold is ’n kruising tussen Italiaanse raaigras en ’n meerjarige raaigras. Dit is veral geskik vir ’n kort wisselboustelsel waar raaigras elke 18 tot 24 maande hervestig word. Die planttyd is Februarie/Maart en Julie tot vroeg in Augustus.Langswenkgras kan van Februarie tot Julie geplant word. Dit is sterk meerjarig en goed aangepas vir ’n wye reeks grondtipes en klimaatstreke. Dit verskaf goeie gehalte weiding in die herfs, lente en somer. Langswenkgras aard goed in vleierige gebiede, maar aanvullende besproeiing is nodig in gebiede met minder as 800 mm reën per jaar.
Quantum is ’n hoogs produserende, smaaklike kultivar met goeie roesweerstand. Advance het sagter blare as Quantum en word selfs vir melkkoeie aanbeveel. Die nuwe Vat 5-mengsel bestaan uit 36 kg saad van vyf gewasse wat in een sak verpak is en genoeg is vir een hektaar weiding. Dit is ’n immergroen weiding wat puik produksie in die herfs en lente lewer.
Wana, PANNAR se kropaargraskultivar, is sag, smaaklik en voedsaam en aangepas vir ’n verskeidenheid grondtipes, tot suur gronde. Dit is geskik as weiding vir skape en lewer goeie melkproduksie.
Klawer en groenvoer
Dit is nou ook die tyd om te kyk na die aanplanting van klawer- en groenvoergewasse en hier het PANNAR ’n paar verrassings tussen sy gewone staatmakers. Boere in kouer omgewings kan gerus meer uitvind oor die wit-klawer, Shasta, wat ’n blousuurvrye ladino-tipe is en wat van Februarie tot Augustus geplant kan word.
Ook beskikbaar is die nuwe Troperorooiklawer wat in Amerika geteel is vir kiemkragtigheid en verhoogde droogteverdraagsaamheid.
Neem altyd in ag dat die gevaar van opblaas verminder word as klawers in ’n kombinasie met gras aangeplant word en dat dit nie geskik is vir perde nie.
Wat groenvoergewasse betref, bied PANNAR ’n volledige pakket hawer, korog en stoelrog vir voedsame herfs-,
winter- en lenteweiding.
Lusern bly natuurlik koningskos en boere kan gerus kennis neem van die nuwe PAN 4884 met sy weerstand teen siektes, insekte en aalwurm. PAN 4884 is veral geskik vir hooisny in meer spanningsvolle omgewings.
As deel van ’n volledige voedingsprogram plaas PANNAR ook Japannese Radys en ’n verskeidenheid voersorghums op die tafel. Goeie nuus vir boere is dat PANNAR ook saad vir Oulandsgras en Smutsvinger beskikbaar het.
Die man by PANNAR wat gereed staan om boere alles te vertel van voergewasse is Jan Coetzer. Sy nommer is 082-779-4535.
PANNAR bied mieliekrag
Die steraanbieding van PANNAR se 2011 gewas-extravaganza was ’n dinamiese nuwe inisiatief wat bekend staan as Yieldboost™. Dit is ’n swamdoderspuitprogram wat die opbrengspotensiaal van ’n reeks uitgesoekte ultra-vinnige en medium-vinnige basters dramaties verbeter.
Dit is iets wat nogal gedoen wil wees, as na reeds bestaande prestasies gekyk word.
So byvoorbeeld het die witmieliebasters PAN 6Q-445B en PAN 5Q-433B, asook die geelmieliebasters PAN 6Q-308B en PAN 6Q-508R die afgelope twee seisoene uitstaande resultate behaal in die LNR en PANNAR se nasionale proewe in die oostelike en westelike produksiegebiede. Dié ultra-vinnige geelmieliebasters is ook markleiers, veral onder besproeiing.
Aanbevelings vir die westelike produksiestreek: ’n Goeie witbasterpakket vir droëland is PAN 5Q-433B en PAN 6Q-445B wat mekaar aanvul ten opsigte van groeiseisoen en planttipes.
Die volgende kombinasie van geelbasters vir droëland vorm ’n gedugte pakket en is ook almal geskik as weimielies en vir kuilvoerproduksie: PAN 6Q-308B, PAN 6Q-508R en PAN 6Q-708BR.
Vir mielies onder besproeiing, veral in die warm produksiestreke, is PANNAR se ultra-vinnige geelbasterpakket die leiers in die bedryf. Die kern van die pakket is PAN 6236B, PAN 6126, PAN 3P-502R en PAN 3Q-740BR.
PANNAR se besproeiingspakket is saamgestel uit konvensionele, stronkboorderweerstandbiedende, Roundup Ready®- en stapelgeenbasters wat ’n groot mate van stabiliteit meebring, maar wat dit ook geskik maak vir wisselverbouing met koring.
Vir witbasters onder besproeiing wordm die volgende pakket aanbeveel: Die vinnige groeier PAN 6227, die mediumgroeiers PAN 5Q-433B en PAN 6723 en die medium- tot laatgroeier, PAN 6777.
Met die kultivarproewe het die voordele van geneties-aangepaste mieliebasters weer sterk na vore gekom. PANNAR se landboukundiges het boere by die gewas-extravaganzas egter sterk vermaan om die nodige maatreëls toe te pas om die Bt-tegnologie te beskerm – die aanplanting van ’n toevlugsoord is wetlik verpligtend.
Die laaste woord oor PANNAR se mielies behoort aan die veeboere op die Hoëveld wat uit die volledige kuilvoerpakket vir PAN 6Q-308B as die bobaas kuilvoermaker uitgelig het.
Sonskyn in jou beursie
PANNAR se sonneblombasters PAN 7057, PAN 7049 en PAN 7050 was weer die toppresteerders in die LNRproewe. Saam met PAN 7033 vorm hulle ’n gedugte pakket, almal met bruinroesweerstand, hoë opbrengspotensiaal en wye gebiedsaanpasbaarheid.
’n Hoogtepunt in die sonneblomaanbieding is die Clearfield®-baster PAN 7063CL wat ’n nuwe na-opkoms onkruidbeheerstelsel inlui. Die weerstand teen onkruiddoder is ’n natuurlike mutasie en nie geneties aangepas nie.
Bobaas bone
Sojabone word al hoe belangriker vir somergraanboere. Met dié toename in belangstelling, kan boere ook gerus kennis neem van die feit dat PAN 1664R die toppresteerder in die LNR-proewe was. Onthou dat nuwe saadontwikkeling vir beter opbrengs net kan voortgaan as die saad gekoop word!
Wat droëbone betref, bied PANNAR se rooigespikkelde-droëboonpakket ’n wye keuse van voordelige eienskappe in al die produksiegebiede, met PAN 116 wat as toppresteerder uitgewys is.
Vir die bierbrouers
PANNAR sorg ook goed vir die graansorghummanne met PAN 8609 en PAN 8816 as hoofaanplanting vir mouttipes en PAN 8625 vir ’n bitter kultivar.
Hoofkantoor: 033-413-9500 of infoserve@pannar.co.za
KwaZulu-Natal en Kaap: 033-413-9500
Wes-Vrystaat en Noord-Kaap: 056-216-3000
Noordwes: 018-406-1700
Gauteng, Suid-Mpumalanga en Oos-Vrystaat: 016-341-5881
Oostelike Hoëveld en Limpopo: 013-665-8500
Ontwikkelende produsente: 033-413-9500
Besoek ook www.pannar.com.