Categories: NewsPublished On: 17th February 2011

Pannar-maak-skoonskip

By 1 min read
Boere kon by Pannar se Gewasextravaganza kennis maak met ‘n paar van die saadmaatskappy se toppresteerders. 

Pannar het skoonskip gemaak in LNR se 2009/2010-nasionale proewe deur die toppresteerders in mielies, sonneblom, sojabone, droëbone en surghumkategorieë te lewer.

Boere in die somersaaigebiede het tans die geleentheid om by Pannar se Gewas-extravaganzas meer uit te vind oor dié presteerders en ander nuwe ontwikkelings. By die boeredag op Delmas kon boere eerstehands sien hoe Pannar se mielies presteer ondanks die oormatige nat toestande en selfs haelbuie wat in die omgewing uitgesak het. 
 
Boere kon kennis maak met ‘n dinamiese nuwe inisiatief, Yieldboost™, wat deur die gebruik van ‘n swamdoderspuitprogram die opbrengspotensiaal van ‘n reeks uitgesoekte ultravinnige en medium-vinnige basters dramaties verbeter.
 
Pannar se landboukundiges het boere ook gewys hoe presteer hulle nuwe witmieliebasters, geelmieliebasters, geel besproeiingsbasters, Roundup Ready® sojakultivars asook Clearflied® en hoë oleïensuur sonneblombasters. 
 
Wat voergewasse betref, is volledige pakkette vir winter- en someraanplantings aangebied. 
 
Die volgende boeredae is op 23 en 24 Februarie by Klerksdorp, op 3 Maart by Kroonstad en op 16 Maart by Biesiesvlei.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0