Categories: NewsPublished On: 31st August 2011

PANNAR-bied-boere-veel-meer-as-saad

By 8 min read
Deel van PANNAR se diens aan boere is om elke jaar op verskillende plekke gewas-extravaganzas te hou waar boere na die jongste ontwikkelinge op saadgebied kan kom kyk en vrae oor kultivars, siektes en verbouing kan vra.
Strooptyd in die somergraangebied is byna verby en elke boer weet al hoe suksesvol sy seisoen was. Hierdie resultate dien as ’n betroubare grondslag waarop besluite oor die komende seisoen geneem kan word.
 
Een saak waaroor geen boer sy kop hoef te breek nie, is dat PANNAR voluit aan die boer se kant is en die boer regdeur die produksieproses bystaan – nie net met die verskaffing van prestasiebeproefde saad nie, maar ook met die kundigheid wat nodig is om ’n wenoes te behaal.
 
Vir boere is PANNAR nie net ’n betroubare verskaffer nie, maar ook ’n vriend saam met wie ’n mens heerlik aan ’n groenmielie kan smul.
Meer as vyftig jaar reeds maak boere op PANNAR saad staat om vooruit te boer. Dit beteken meer as vyftig jaar se ervaring en opgehoopte kundigheid waaruit elke boer welkom is om te put.
 
Maar PANNAR beroem hom nie net op die verlede nie. PANNAR gebruik die jongste, mees gevorderde navorsingstegnologie om aan die voorpunt in die hoogs mededingende saadmark te bly.
 
PANNAR ontwikkel immerdeur nuwe, beter kultivars om ook aan die uitdagings van die toekoms te voldoen. In hierdie proses put PANNAR se spesialiste uit die beste wetenskaplike kennis wat wereldwyd beskikbaar is, maar ook uit die praktiese toestande wat boere elke dag op die plaas beleef.
 
Dit alles werk saam om vir die boer die PANNAR belewenis te skep, wat hom die gemoedsrus gee dat sy saad noukeurig ontwikkel en prestasiegetoets is om aan die hoogste gehaltestandaarde te voldoen. Dit word verder aangevul deur kundige raad, bystand en diens. So werk PANNAR en die boer in wedersydse vertroue, respek en vriendskap saam om boerdery ’n lonende, lekker ervaring te maak.
 
Daarmee gee PANNAR uitvoering aan sy bestaanrede, naamlik:

  • Ons is verbind tot uitnemendheid.
  • Ons glo in die belangrikheid en ontwikkeling van mense en heg waarde aan diversiteit.
  • Ons bied uitdagings en geleenthede aan almal wat met toewyding saam met ons wil groei.
  • Ons bedryf ons sake eerlik, openlik, professioneel en met integriteit.
  • Ons moedig kreatiwiteit, inisiatief en geesdrif aan.
  • Ons is trots op ons Suid-Afrikaanse verbintenis.
Noukeurige navorsing
Wanneer ’n boer PANNAR saad plant, kan hy dit doen in die volle vertroue dat elke pit rotsvas gerugsteun word deur die noukeurigste en mees toegewyde navorsing wat die stewige grondslag van PANNAR se plantverbeteringsprogram vorm.
 
Grant Pringle is een van PANNAR se landboukundiges wat gereed staan om boere van die beste raad te bedien.
Uit hierdie deurlopende navorsing spruit ook die gereelde vrystelling van nuwe, mededingende kultivars, wat PANNAR en sy kliente op die voorpunt van die tegnologie hou.
 
PANNAR het vyf moderne, goed toegeruste navorsingstasies en twee winterpersele in Suid-Afrika. In die buiteland het PANNAR vier navorsingstasies in die VSA se mieliegordel en een in Argentinie.
 
PANNAR se gevorderde laboratoriumgeriewe sluit ’n plantpatologie- en biotegnologielaboratorium in. PANNAR gebruik biotegnologietegnieke soos geenkartering, merkerondersteunde teling en die integrasie van eienskapspesifieke gene om die doeltreffendheid van die konvensionele teelprogram te verhoog.
 
PANNAR sluit amptelik vrygestelde, gelisensieerde GM eienskappe in topkultivars in volgens die streng neergelegde beleid rakende omgewings- en klientvereistes en sonder om kliente wat konvensionele kultivars verkies te benadeel. Boere wat GM saad plant word ook gehelp om die lisensie-vereistes na te kom.
 
Voordat ’n nuwe kultivar vrygestel word, maak PANNAR seker dat dit deeglik op PANNAR se eie navorsingsplase en op die plase van ’n groot aantal medewerkers in elk van die spesifieke teikenmarkte geevalueer word.
 
Wanneer ’n kultivar in PANNAR se produkkatalogus opgeneem word, kan jy dus maar weet: hy sal presies presteer soos die katalogus se. 
 
PANNAR is in 1958 in Greytown, Natal, gestig en het in 1960 met sy eie mielieteelprogram begin om goed aangepaste basters vir die Suid-Afrikaanse boer te ontwikkel. Vandag is PANNAR ’’n wereldleier op die gebied van ’n wye verskeidenheid saad.
 
PANNAR se produkreeks sluit sonneblom, sojabone, graansorghum, voersorghum, droebone, koring en ’n volledige reeks voergewasse in. PANNAR se sustermaatskappy, Stark Ayres (www.starkayres.co.za) verskaf groenteen blommesaad.
 
Mieliebielies
PANNAR bied die mielieboer ’n wye reeks mieliebasters vir elke omstandigheid.
 
Daar is wit of geel kultivars vir droelandproduksie in die oostelike mieliegebiede en vir die westelike gebiede. Sommige kultivars is vinnige groeiers, ander medium en ander medium-laat – perfek volgens die boer se behoefte.
 
Daar is mieliebasters spesiaal vir produksie onder besproeiing en spesiaal vir kuilvoerproduksie. PANNAR bied ook geneties-gemanipu leerde mieliebasters met stronkboorderweerstand of Roundup Ready PlusR- onkruiddoderbeskerming of stapelgene waar albei die eienskappe in een baster gekombineer is.
 
Daar is mielies wat weerstandig is teen siektes soos bruinroes, witroes, diplodia, grysblaarvlek, kop- en pluimbrand en phaeosphaeria-blaarvlek. Daar is mielies met meer of minder spruite, met ’n beter staanvermoe, meerkoppigheid en wat vinniger droog word. Al hierdie inligting is in PANNAR se produkkatalogus vervat, en as jy jou kultivarbesluite nog fyner wil neem, is daar ’n groot span bekwame PANNAR verkoopsverteenwoordigers en PANNAR landboukundiges gereed om jou net die beste raad en diens te gee.
 
Maar dit is nie al nie. PANNAR se kundiges doen deurlopend navorsing en stel inligting vry wat boere se taak makliker en lonender maak. Boere kan net maar op www.pannar.com gaan kyk vir inligtingstukke soos:
  • Die verbouing van mielies.
  • Riglyne vir YieldGard®(Bt)-mielies.
  • Riglyne vir Roundup Ready-mielies.
  • Mieliesiektes (gids vir die identifisering van mieliesiektes op die land).
Daar is ook tegniese artikels soos:
  • Grysblaarvlek.
  • Impak van bewaringsbewerking op wortel- en stamvrot van mielies.
  • Bt-mielies – hou by die reels.
  • Seleksie van ’n mieliebaster vir kuilvoer.
  • Spoorverkeer op sandgrond word onderbenut,
  • en vele ander.
Met PANNAR aan sy sy, kan die mielieboer net wen.
 
Sonneblom sit sonskyn in jou sak
Sonneblom is tans die belangrikste oliesadegewas in Suid-Afrika en PANNAR bied die boer verskeie kultivars in die medium- en medium-laatgroeiseisoenklas. Daar is basters met bruinroesweerstand, met ’n hoe oliensuurinhoud, met ’n sterk staanvermoe en selfs vir onkruidbeheer met die Clearfield®-produksiestelsel. 
 
PANNAR se webwerf bied ook verskeie inligtingstukke oor die produksie van sonneblom, ook met die Clearfieldstelsel, sodat die boer nooit hoef te twyfel nie.
 
Slaan jou slag met soja
Soja is die perfekte wisselbougewas met mielies en koring. PANNAR bied die boer die veelsydige, volledige sojapakket van verskillende groeiseisoenklasse vir elke plantdatum in al die produksiegebiede.
 
Die pakket bied ook spesialiskultivars met ’n regop groeiwyse, geskik vir nou rye onder besproeiing. Die meeste van PANNAR se sojaboonkultivars is Roundup Ready-bestand, wat die boer in staat stel om meer soja en minder onkruid op sy lande te koester.
 
Uit PANNAR se sojareeks kan die boer kies op watter hoogte sy plante se peule moet wees, hoe oopspringbestand hulle moet wees, hoe ’n sterk staanvermoe hulle moet he, watter groeiwyse hulle moet he en watter planthoogte hy verkies.
 
Vir meer inligting oor sojakultivars kan PANNAR se produkkatalogus geraadpleeg word, of gaan na www.pannar.com vir meer inligting oor sojaverbouing. PANNAR se kundiges staan ook reg met die beste raad en saad.
 
Bone beteken besigheid
PANNAR se rooi gespikkelde bone bied die boer verskeie kultivars om uit te kies om sy besondere behoeftes te pas. Daar is kultivars wat weerstand bied teen siektes soos roes, hoekige blaarvlek en BMV, met ’n sterk staanvermoe en wat onbepaald regop groei vir meganiese oes.
 
PANNAR se puik graansorghumpakket verseker sukses.
Sorghum sorg vir wins
Graansorghum is ’n gewilde gewas in die somergraangebiede. PANNAR se sorghumpakket stel die boer in staat om die gewas met vertroue te plant. Daar is een kultivar in die vinnige tot medium groeiklas (’n toppresteerder in die oostelike produksiegebied) en twee in die laatseisoengroeiklas. Een van laasgenoemde is ’n spesiale bitter sorghum en albei lewer ’n uitstekende opbrengs en stabiliteit.
 
Koring vir ’n koning
PANNAR bied die koringboer ’n volledige droelandkultivarpakket vir die Vrystaat, asook twee besproeiingskultivars.
 
Koringboere kan gerus in PANNAR se produkkatalogus gaan kyk watter kultivars PANNAR bied en watter eienskappe hulle het. Besoek ook PANNAR se webwerf vir waardevolle riglyne oor die verbouing van koring, streeproes, blaarroes, stamroes, kultivarprestasies, Russiese koringluis en besproeiingskoring.
 
Jan Coetzer van PANNAR is ’n kenner van weidingsgewasse.
Voergewasse verbly vee
So goed soos PANNAR vir die graanboere voorsiening maak, so noukeurig kyk hulle na die veeboer se behoeftes met ’n wye reeks voergewasse.
 
PANNAR bied verskeie kultivars eenjarige en meerjarige raaigras, basterraaigras, langswenkgras, kropaargras, witklawer, rooiklawer, berseemklawer, hawer, korog, stoelrog, lusern, Japannese radyse, voersorghum, basterbabala, tef, kikoejoe, oulandgras, witbuffelgras, smutsvingergras en rhodesgras.
 
Vir elkeen van hierdie produkte bied PANNAR volledige verbouingsinligting en al die raad en ondersteuning wat die boer nodig het, sodat die boer met reg kan se: PANNAR bied die boer veel, veel meer as die beste saad.
 
Vir meer inligting oor PANNAR sy produkte en die dienste wat hy die boer bied, en vir die naam en nommer van jou naaste verteenwoordiger, praat met Peet van der Walt by 082-783-9526 of 033-413-9500 of e-pos infoserve@pannar.co.za. Besoek ook www.pannar.com.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment