Organiese-plaas-wen-toerisme-toekenning
‘n Wes-Kaapse organiese wyn- en olyfplaas is as die 2011 Best of Wine Tourism-wenner bekroon.
Die Du Toit-familie se Waverley Hills landgoed is aan die voet van die Witzenberg naby Wolseley geleë, sowat 150 km van Kaapstad af.
Die plaas het sy naam van die ou Waverley-wolkleurfabriek gekry en van die oorspronklike geboue uit die laat 1800’s steeds daar te sien.
Waverley Hills se mense het in die jaar 2000 die besluit geneem om vir die organiese wynmark te produseer en het sedertdien 30 hektaar wingerd en olyfbome vir organiese-verbouing aangeplant.
Hulle wyn en olywe word deur die Societe Generale de Surveillance (SGS) as organies gesertifiseer.
Daar word ook sowat 16 hektaar van die plaas vir doeleindes van bewaring opsy gesit om bedreigde veldtipes soos Breede Skalie, Renosterveld, Breede alluvium en Breederivier Skalie Fynbos te bewaar.
Peste en plae se natuurlike vyande word ingespan om die wingerde gesond te hou en eende word gebruik om die slakbevolking in toom te hou.
Waverley Hills is ook by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke om kinders meer oor omgewingsbewaring en volhoubaarheid te leer.
Die gasteplaas beskik oor sy eie restaurant waar vir tot 110 gaste voorsiening gemaak word. Hulle keldertoer sluit ‘n wyn en olyfproe-geleenthied in. Die plaas beskik ook oor ‘n winkel en kwekery