Orania hou Koringfees
Die afgelope naweek is die eerste Orania Koringfees aangebied. Besoekers kon hulle verkyk aan die reuse John Deere-stroper wat op ‘n buurplaas dag en nag sy werk gedoen het.
Allerlei bedrywighede is aangebied vir oud en jonk en mense het lekker saam gekuier. Die klem was natuurlik op koring, een van die belangrikste landbouprodukte van die Bo-Karoo en toere na plase waar koring geoes word, die bak van brood en inligtingsessies oor koringverbouing was enkele van die bedrywighede op die program.
Tussendeur is daar ook ‘n pekanneutinligtingsessie aangebied vir mense wat by dié groeiende bedryf in Orania betrokke wil raak.