Categories: NewsPublished On: 8th July 2011

Openbare-beskermer-mors-tyd-en-geld-sê-TLU-SA

By 1 min read
258 words

In plaas daarvan om duur en nuttelose ondersoeke na twee dekades gelede se goed in te stel, sou die Openbare Beskermer beter doen om haar prioriteite reg te kry, haar administrasie te verbeter en knelpunte van die dag reg te stel, het TLU SA in ‘n verklaring gesê.

Dit volg op klagtes wat TLU SA reeds vroeg vanjaar teen verskeie kabinetsministers rakende waterbesoedeling by haar ingedien het, maar tot op hede het adv Thuli Madonsela nog  niks daaraan gedoen nie.
 
TLU SA se president, mnr Ben Marais het gesê dat die pos van die Openbare Beskermer na 1994 geskep is met die oog op die verbetering van dienslewering deur staatsdepartemente.  
 
“Om nou ondersoeke te wil instel na iets wat dalk gedurende die apartheidstyd gebeur het, lyk vir ons baie na ‘n weerligafleier van ander sake wat tans roep om aandag,” het mnr Marais gesê.
 
Die Openbare Beskermer stel onder andere ondersoek in na ongerymdhede wat verband hou met wapenaankope deur die Suid-Afrikaanse regering en die onregmatige toekenning van huurkontrakte deur die topbestuur van die SAPS. 
 
Openbare beskermer moet beskerm word
 
Ondertussen het die burgerregte-organisasie AfriForum ʼn dringende skrywe aan die Verenigde Nasies se spesiale gesant vir menseregtebeskermers gestuur waarin versoek word dat by die Suid-Afrikaanse regering aangedring moet word dat die Openbare Beskermer teen polisie-intimidasie beskerm moet word.  
 
AfriForum se optrede volg nadat die nuusblad The Star dokumente gepubliseer het wat bewys dat die SAPD wel met ʼn ondersoek teen adv Madonsela besig is.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0