Categories: NewsPublished On: 24th May 2011

Oortap suig sonder Super Siphon

By 1 min read
Diesel of petrol oortap met ‘n stuk pyp is ‘n takie wat op meeste plase van tyd tot tyd verrig moet word. Dis maklik. Druk die een punt in die tenk of kan en suig aan die ander punt. ‘n Vakuum trek die brandstof in die pyp op en soos dit oor die pyp se buig kom vloei dit vanself. Dis dan wanneer mens egter moet wakker wees om die pyp betyds uit jou mond te haal en in die houer wat jy wil volmaak se bek te druk . Want diesel smaak nie soos rooiwyn nie!
 
Securetech het ‘n beter plan vir oortapwerk. Met die Super Siphon kan jy die vakuum meganies met jou hand skep om sodoende ‘n egalige vloei van brandstof te verseker. Die pomp-meganisme bestaan uit ‘n koper omhulsel met ‘n staalveer en ‘n glasballetjie binne-in en is vonkvas sodat dit nie die laaste ding is wat jy in jou lewe doen nie. Die pyp van die Super Siphon is deursigtig en mens kan dus deurentyd sien wat aangaan. Boonop is dit ‘n spesiale deursigtige pyp aangesien dit UV-gestabiliseer en oplosmiddel-weerstandig is. 
 
Mens kan as’t ware enige vloeistof met die Super Siphon van een houer na ‘n ander oortap. Maar dis ideaal vir water, parafien, petrol, diesel, tweeslagmengsels en selfs vliegtuigbrandstof geskik.
 
Die eenhede is beskikbaar in lengtes van 1,5 meter tot 3 meter. Langer eenhede kan vervaardig word, sou die behoefte daarvoor bestaan.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment