Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Ontmoet-Kubota,-die-“blerrie-lekker-trekker”

By 3 min read
483 words

“’n Blerrie lekker trekker!” Dis hoe Justin Cook, bekende waterponie- en veldfietsrenjaer, sy pa, Robbie, se Kubota B2410 beskryf. En Justin behoort te weet, want in sy sport het hy deeglik geleer om uitstaande ingenieursvernuf te waardeer – en dit is Kubota terdeë.

Maar kom bekyk dié gedugte “blerrie lekker trekker” van naderby en besluit self:

Die trekker se hart is sy gevorderde, betroubare driesilinder-enjin met sy drie­dwarrelontbrandingstelsel wat sorg vir maklik aansit in enige weer, en vinnige, vol­ledige ontbranding, wat meer enjinkrag, beter dieselbenutting en skoner uitlaatgas verseker.

Volgens ’n gesoute trekkerwerktuigkundige is ’n Kubota-trekkerenjin netjieser gemasjineer as ’n duur Duitse spogmotor s’n en dis daarom dat hy so gladweg loop, so min raas en vibreer en so eindeloos lank hou.

Jy kan kies of jy jou Kubota met ’n gewone ratkas (6 vorentoe; 2 tru) of met onbeperkte hidrostatiese aandrywing wil hê, en ook of jy hom met of sonder ’n kajuit wil hê.

As jy jou Kubota met hidro­statiese aandrywing verkies, het jy boonop die voordeel van sy “Bi-speed turn”. Dit werk só: Sodra jy die voorwiele meer as 35 grade draai, begin hulle 60% vinniger as die agterwiele draai, wat ’n veel kleiner draaisirkel verseker. Vir groenteboere beteken dit by die een ry uit en by die ry langsaan in sonder terugstoot, sukkel of jou land vertrap.

Die Kubota B2410 se gevorderde kragstuur sorg dat hy baie lekker hanteer en dat die operateur nooit moeg word nie. (Dis nogal ’n gesukkel om Justin van die trekker af te kry, vertel Robbie.)

Met sy dubbelpompe het die Kubota soveel hidrouliese krag soos groter trekkers, wat meer as genoeg vermoë verseker om werktuie lag-lag te hanteer.

Op Bonamanzi, Robbie se vakansieplaas aan Bronkhorstspruitdam, doen die blerrie lekker trekker blerrie groot werk. Hy sny gras, ook op moeilike plekke tussen bome waar gewone lomp trekkers stuit, doen skraapwerk waar gewone lomp trekkers nie kan loop nie, laat Justin se waterponies te water en staan sy man net waar jy hom nodig kry.

Dit alles doen hy met die minimum diesel. “Die diesel wat die Kubota vra, is nie eers ’n faktor nie,” sê Robbie.

“Dit is maar hoe Kubota is,” vertel Bronkhorstspruit se trekkerman, Willem van Rensburg van Hoffeldt Auto. “Die munisipaliteit hier het drie Kubotas wat elke dag hard werk en nie die geringste probleme besorg nie.”

Die B2410 is met sy 15,8 kW een van die gesogte Kubota Super B-reeks, wat ook die B2530 van 18,6 kW-enjin en die B1610 (11,7 kW) insluit.

Bronkhorstspruiters kan Willem van Rensburg by 083-302-6594 skakel vir meer inligting en boere elders in die land 086-176-4847 om te hoor waar hulle naaste handelaar is. Hulle kan ook gaan kyk by www.kubotasa.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0