Ontmoet-Case-se-gedugte-Patriot-4420:-Blitsige-spuit-stuit-peste-in-hulle-spore!
Johannes Schoonwinkel van Ruggens Boerdery boer wyd met kleingraan en skaap. Hy moet gereeld van Swellendam af ry om sy grond by Napier en Caledon se kant toe te bereik.
Spuittyd kan dit ’n groot beslommernis wees as jy tot 80 km ver teen kruipspoed met ’n trekker en sleepspuit moet voortstamp terwyl peste en plae besig is om jou oes te verwoes.
Maar nie so met sy Case Patriot 4420 nie – hierdie bobaas-spuit blits in die grootste gerief die pad af teen byna-byna 50 km per uur en voordat onkruid, swamme of ander peste nog behoorlik kan vat kry, stuit die spuit hulle in hulle spore.
Op die land draf die Patriot vinniger as wat ’n trekker met sleepspuit op die pad kan loop. Johannes handhaaf ’n gemiddelde spuitspoed van 25 km per uur in groot gemak op lande waar ’n trekker jou rugstring uit lit skud.
Hierdie spoed, saam met ’n allemintige spuitbalk van 30,5 meter, sorg dat jy die beperkte spuittye wat die natuur jou bied ten beste benut. Dit is vir Johannes van die uiterste belang, aangesien hy minstens 16 000 hektaar per jaar bespuit.
Vir so ’n groot taak het hy ’n ratse, betroubare spuit nodig wat daagliks groot lappe aarde doeltreffend en deeglik kan bespuit sonder om die operateur onnodig uit te put. Die Patriot 4420 pas perfek in hierdie rol, maar daar is kleiner modelle ook vir boere wie se behoefte nie so uitgebreid is nie. En as jy nog wyer wil werk, kan jy die 4420 met ’n 36 meter-balk bestel.
Johannes se spuit het ’n outomatiese stuur en seksiebeheer wat met GPS werk, sodat die las op die operateur nog ligter is en om te verseker dat jy geen plekkie oorslaan nie. Soos jy werk, teken die spuit ’n kaart op die rekenaar-skerm sodat jy kan sien presies waar jy al gewerk het en wat jy nog moet doen.
Ry jy oor gedeeltes wat reeds bespuit is, skakel die spuit vanself die oorvleuelende sproeiers af sodat geen druppel spuitstof vermors word nie.
Boonop spuit die Case Patriot met net een stel sproeiers presies die regte hoeveelheid spuitstof teen presies die regte drukking met sy vindingryke AimCommand. Die stelsel het ’n elektries- beheerde impulsklep op elke sproeier. As jy stadig ry is die spuitpuls stadiger en wanneer jy versnel word dit vanself al hoe vinniger totdat daar byna ’n aaneenlopende stroom gespuit word. Makliker vir die boer kan dit nie.
Jy hoef jou ook nie te bekommer dat die spuitbalk se punt dalk iewers in die grond sal steek nie. Die Case Patriot hou homself vanself regop, selfs al gee jy vet om die draaie.
Die Case Patriot is uniek in die opsig dat sy kragtige enjin agter sit. Dit beteken dat die operateur in heerlike, heilsame stilte na die strelende musiek oor die spuit se radio-klankstelsel kan luister sonder irriterende enjingeraas. Die korter snoet beteken ook ’n veel beter uitsig.
Die giftenk is in die middel van die spuit gemonteer sodat die gewig deurgaans presies eweredig op die vier wiele versprei word of die tenk nou dolleeg of boordens-vol is. Hierdie slim ontwerp sorg vir beter vastrap en minder grondverdigting, maar ook vir beter hantering en balans.
’n Goot voordeel van die Case Patriot is dat dit verskaf en gerugsteun word deur die betroubare landboumaatskappy wat die boer verstaan – Northmec. Johannes gebruik al 20 jaar Northmec-produkte en die ervaring het hom geleer dat dit ’n maatskappy en produkte is wat die boer kan vertrou.
’n Mens sukkel ook glad nie om kopers vir tweedehandse Case-produkte te kry nie, sê hy.
Vir meer inligting oor die onstuitbare Case Patriot-spuit, maar ook oor Northmec se ander produkte soos trekkers, stropers, snyers, harke, balers en voermengers, skakel Matthew Mcgregor by 082-335-5118 of e-pos matthew@northmec.co.za ’n Case-handelaar naby jou..Daar is