Onthou die Landboukorrels-lesing en Boeredag
Die tema vir vanjaar se Landboukorrels-lesingdag is groenteverbouing in strukture. Die aanbiedings beloof om leersaam te wees vir boere wat reeds onder strukture produseer sowel as belangstellendes in tonnelverbouing en hidroponiese gewasverbouing.
Die sprekers wat die dag gaan optree is Dieter Bruijns van Standard Bank (volhoubare finansiering), Carla Jenkins van Plantforum (saailinge), Hennie du Plessis van Agchem Africa (bemesting), Reinette Gouws van die LNR Roodeplaat (bakteriese siektes en beheerstrategieë) en dr Ian du Plooy ook van die LNR Roodeplaat (basiese beginsels vir hidroponiese gewasverbouing).
Die program begin om 09h00 en sal teen 14h00 afgehandel wees om boere van ander provinsies kans gee om voor donker terug op die plaas te wees.
Die lesingdag word op Vrydag 28 Oktober aangebied en die koste beloop R100-00 per persoon.
Bespreking kan by Lynette du Plessis, tel 012-804-8031 gedoen word.
Op Saterdag 29 Oktober vind die feesdag plaas met die aktiwiteite vir elkeen:
Koop smul kos by die stalletjies, kyk na die huisvlyt-uitstalling, koop ‘n bees op die vee-veiling, ry in die helikopter, of die ossewa…
Daar gaan ook gimkana en perde-boeresport aangebied word, kunstenaars optree, ‘n biertent wees en vele meer.
Radio Pretoria se woonwa sal ook soos altyd direk vanaf die fees uitsaai en besoekers kan gerus nader staan om met van die aanbieders kennis maak.
Die toegangsgeld vir die dag is R10 per persoon.
Navrae kan gerig word aan Lynette du Plessis 012-804-8031. Skakel gerus vir Henri Combrink by 082-552-9428 indien jy vee op die veiling wil plaas.