Categories: NewsPublished On: 31st May 2011

Onthou-Agri-Megaweek-in-September

By 1 min read
242 words
Vanjaar se Agri Megaweek wat in September plaasvind se tema is “Landbou vir die mense”. Dit moet egter nie boere afskrik nie want hulle is ook mos mense. Soos vorige jare wag daar ‘n vol program op boere: 
 
Kleingraanprodusente sal hulle weer kan vergewis van die verskillende meganisasie-moontlikhede en geleenheid kry om met handelaars oor hulle eie besondere  masjienerie-behoeftes te gesels. 
 
Merino-boere moet beslis ‘n draai maak by die Merino Classic wat tydens Agri Megaweek aangebied word. As ‘n skou binne ‘n skou het die Merino Classic ‘n vol program van sy eie, met ‘n groot klomp aktiwiteite waaronder ‘n vagkompetisie, ‘n modevertoning en ‘n potjiekoskompetisie.
 
Die Wes-Kaapse Jersey Kampioenskappe, Suid-Kaapse Ayrshire Kampioenskappe en die Queen of the Expo Interras Suiwelkampioenskappe is maar enkele van die hoogtepunte waarna suiwelboere kan uitsien. Die Wes-Kaap se MPO bied ook ‘n skolemelkprogram aan. Die gebruiklike suiwelwerkswinkel met top sprekers sal ook weer deur boere bygewoon kan word.
 
Eweneens sal daar baie in terme van voeding, teling en dieregesondheid vir vleisbees- en skaapboere te sien wees. 
 
‘n Pluimveeskou maak ook weer deel van die program uit.
 
Buiten tegniese sake sal boere natuurlik ook die geleentheid hê om met verteenwoordigers van finansierings-, bemarkings- en bedryfsorganisasies ‘n woordjie te wissel.
 
Agri Megaweek vind van 14 tot 16 September op Megapark op Bredasdorp plaas.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0