Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Ontdek-’n-skat:-Kubota

By 3 min read

’n Opwindende verrassing het Wilhelm Jordaan, melk- en Merinoboer van Cradock, te beurt geval toe hy Kubota se voortreflike tegnologie ontdek het.

“Ek kom al jare met ander soorte trekkers en het nie eers aan Kubota gedink nie,” vertel hy, “totdat die plaaslike handelaar, Stefan le Roux van Boeretools, voorgestel het dat ek ’n slaggie self Kubota uittoets.”

Dit was soos om ’n skat te ontdek. Kubota se manier om die voorste tegnologie op ’n sinvolle, eenvoudige en betroubare manier aan te bied sodat dit die boer regtig tot voordeel strek, het hom summier beïndruk.

Wilhelm het ook self ge­toets: dit is verstommend hoe min diesel ’n Kubota-trekker gebruik teenoor ander trekkers – en die werk wat Kubota met daardie bietjie diesel doen slaan die asem weg.

Voor die voerkar het dit Wilhelm opgeval hoe Kubota teen veel laer enjinomwentelinge dieselfde werk as ander trekkers doen. Kubota raas nie; hy werk.

Een van Kubota se belang­rike eienskappe as jy met dinge soos voerkarre wil werk, is die feit dat sy krag­aftakker die sterkste is van al die trekkers wat Wilhelm nog gesien het. Dit is die resultaat van ’n uiters doeltreffende kragoordragstelsel wat sorg dat geen krag in ’n spul onnodige ratte in verdwaal nie.

Boonop is Kubota ook in sy eie klas wat afwerking en netjiese vervaardiging betref. Waar sommige ander trekkers se binnegoed die wêreld vol hang, is al Kubota se bedrading en hidrouliese pype netjies in hulse beskerm.

Dit alles vertel vir die boer iets van die ingesteldheid van die mense wat Kubota ontwerp en vervaardig.

En die beste verrassing van almal was toe Wilhelm boonop moes verneem dat Kubota se prys heelwat laer was as wat hy van so ’n voortreflike trekker sou verwag het!

Die voorpunt van tegnologie

Wilhelm lag vir die onkunde van mense wat soms wil weet of Kubota ’n Sjinese trekker is en vir hulle sê hy dus nou hier eens en vir altyd: “Kubota is Japannees. Japan is die wêreld se voorste ontwikkelaar van tegnologie. Dis hoekom Kubota die wêreld se heel voorste trekker in sy klas is.”

Die Kubota M108S wat Wilhelm vir Spekboomberg Boerdery gekoop het bewys elke dag Kubota se meer­derwaardigheid met mieliewaens van 10 tot 14 ton lag-lag uit die lande sleep, geenbewerkingplanters trek en voor die mobiele voermenger wat moet sorg dat die boerdery se honderde melkkoeie en duisende skape volstoom aan die smul bly.

Vir dié taak is die Kubota se koppelaarlose vorentoe-en-truskakeling baie belangrik, want dit bespaar die tyd en koste wat hulle voorheen moes aangaan om koppelaars te vervang – terwyl jou diere hongerig vir jou staan en kyk.

Wilhelm verwelkom ook die Kubota se swaardienssleepstawe en voorwielaandrywing met behulp van skuinsratte. Dit beteken dat die trekker knapper kan krink en dat hy ’n groter grondvryhoogte het as ’n trekker met ewenaaraandrywing voor.

Met Boeretools en Kubota se diens is Wilhelm ewe ingenome. Hulle verstaan die boer en sy behoeftes en, alhoewel hy nog geen probleme met sy Kubota ondervind het nie, is hulle volgehoue belangstelling bemoedigend.

Tegnologie speel ’n deur­slaggewende rol in die boer se sukses, glo Wilhelm, en daarom moet boere seker maak dat hulle altyd die bes­te tegnologiese opsie kies. Dis hoekom hy Kubota kies.

As jy ook die voorpunt van die tegnologie wil kies en jy boer in die omgewing van Cradock of Humansdorp, praat met Stefan le Roux van Boeretools by 071-606-9992. Boer jy elders in die land, skakel Kubota by 011-284-2000 of besoek www.kubotasa.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0