Categories: NewsPublished On: 29th June 2010

OmniSap®:-Gee-jou-plante-wat-hulle-wil-hê,-dan-gee-hulle-jou-wat-jy-wil-hê

By 3 min read
554 words

Welgevoede, tevrede, gelukkige plante is die sleutel tot ’n hoë opbrengs van uitmuntende gehalte. Dit bewys Dietmar Joosten, plaasbestuurder, en Omnia se kundige verteenwoordigers by KwaSizabantu, die reuse, selfversorgende sendingstasie naby Kranskop in Kwazulu-Natal.

KwaSizabantu beteken Plek waar mense hoop vind en selfversorgendheid is ’n groot uitdaging vir dié herlewingsentrum wat ’n eie radiostasie, skool, onderwyskollege, skool vir volwasse opleiding en groot konferensiesentrum insluit. KwaSizabantu kollekteer nie geld nie en vra geen skenkings nie – die oortuiging is dat daar gebid en gewerk moet word om behoeftes te vervul.

KwaSizabantu se boerdery, onder die bekwame bestuur van Dietmar Joosten, is ’n skitterende toonbeeld van hierdie werkbeleid. Die doel van die boerdery is nie net om duisende monde te voed nie, maar ook om ’n inkomste verdien met die produksie en bemarking van landbouprodukte van die hoogste gehalte.

’n Belangrike deel van hierdie boerdery is die hidroponiese produksie van soetrissies in tonnels. Woolworths is een van KwaSizabantu se gretige kliënte.

Om winsgewende volumes en die beste vruggehalte te verseker, vereis ’n noukeurige bestuursprogram, waarvan voeding presies volgens die plante se werklike behoeftes ’n belangrike element is.

Maar hoe weet jy presies wat jou plante nodig het? Jy neem verteenwoordigende blaarmonsters, stuur dit aan Omnia se laboratorium wat die plantsap ontleed, en binne 48 uur kry jy en Omnia se plaaslike verteenwoordiger ’n verslag wat sê presies wat die plant se voedingstatus van mikro- en makrovoedingstowwe is.

Nou help Omnia se wakker en kundige verteenwoordiger (in KwaSizabantu se geval Wade Armand) om presies die regte voedingsaanpassings te maak sodat die plante presies wat hulle nodig het kry. Dit beteken dat daar geen tekorte van voedingstowwe is nie, maar ook geen oormatige toediening wat op vermorsing neerkom nie.

Wade is ook ’n kenner van Omnia se skitterende produkreeks en hy sorg dat presies die regte produkte immer flink beskikbaar gestel word.

Hierdie nuttige diens word OmniSap® genoem en Omnia het miljoene rande aan die ontwikkeling daarvan bestee om boere in staat te stel om net die beste oeste te behaal.

Met noukeurige navorsing is bepaal wat die presies behoefte aan elke makro- en mikrovoedingstof van elke soort plant in elke groeistadium is, sodat net die regte toedienings gemaak kan word. OmniSap® het reeds voedingsresepte vir die meeste soorte landbougewasse ontwikkel.

KwaSizabantu boer nog altyd omsigtig, maar sedert hulle OmniSap® gebruik, het hulle die soetrissieproduksie van 18 kg per vierkante meter na 25 kg per vierkante meter opgestoot – en die vrugte het nog nooit so mooi gelyk nie, sê Dietmar.

Boonop is dit ’n plesier om Omnia se OmniSap®-mense as suksesvennote te hê, verklaar hy. Hulle is kundig en gewillig om die boer werklik te help om suksesvol te produseer, hulle stel regtig belang, hulle hou altyd hulle woord en hulle het ’n volledige reeks puik produkte wat altyd beskikbaar is.

Hulle is ook bereid om betrokke te raak by KwaSizabantu se selfvoorsieningprojekte en kom daarmee ’n belangrike maatskaplike verantwoordelikheid na.

OmniSap®-tegnologie kan ook vir jóú werk. Praat vandag nog met Suzette Smalberger by 079-500-7669, of met jou plaaslike Omnia-verteenwoordiger. Besoek ook www.omnia.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0