Categories: NewsPublished On: 8th July 2011

Obaro-neem-beesboere-op-toer

By 2 min read
322 words

Obaro het  ʼn groep beesboere van die Groblersdal-omgewing onlangs op ‘n besoek geneem sodat hulle kan sien hoe voerkrale te werk gaan om diere markgereed te maak.

Een van die voerkrale wat hulle besoek het is die Consalvesse se A&J Farming in Brandvlei. José en Tony Consalves voer tussen 500 en 1000 beeste met die filosofie dat daar geen voedingstoornisse mag voor kom nie en dat die bestuur van die voerkraal eenvoudig moet wees.

Obaro verskaf die roumateriale van die mengsel wat tans gevoer word in die volgende verhouding:

Voermol Beefliquid 20 200 kg
Katoenoliekoek 50 kg
Eragrostis-hooi 150 kg
Hominy chop 600 kg
Totaal 1000 kg

Sodra die speenkalwers A2 vetbedekking bereik, word die 80 kg chop met 80 kg Voermol Zilmol vervang. Dit word vir 30 dae gevoer waarna die Zilmol vir tussen 2 en 6 dae onttrek word voor slag. 

Die voerkraal sorg ook vir goeie gesondheidsbestuur en die feit dat hulle vir die afgelope twee jaar geen vrektes weens longsiektes gehad het nie, getuig daarvan.

Obaro doen tans proewe op die plaas en dit maak deel van A&J se wenresep uit. Malcolm Moodie, veekundige by Obaro sê die proewe het ten doel om maksimum gewig op ‘n ekonomiese wyse tot ‘n speenkalf te voeg en om die hoogste slagpersentasie by A2 vetbedekking te bereik. Met die reeks proewe is die volgende veeartseny-produkte beproef:

  • Bovitetek -enting: longe
  • Botuthrax: spons-, lam- en miltsiekte
  • Provit A : Vitamine A
  • Multimin: Minerale
  • Gardal: Inwendige parasiete
  • Amipor: Uitwendige parasiete
  • Revalor S: Inplantaat

A&J Farming maak staat op die kundigheid en goeie diens van betroubare vennote soos Obaro. 

Die maatskappy wil graag soveel boere moontlik met kennis toerus sodat hulle vooruit kan boer. Hulle moedig boere ook aan om by studiegroepe aan te sluit. 

Obaro beoog om meer soortgelyke toere aan te bied. Veeboere kan by hulle Obaro-tak oor die volgende toer navraag doen of vir Janine Janse van Rensburg by 012-381-2800 skakel.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0