NviroTek,-die-wereldklas-laboratoriums-spesiaal-vir-die-boer
Tydige, akkurate inligting is die grondslag van sukses vir enige onderneming – veral ook vir ’n boerdery. Produksiemiddels is te duur om jou op raaiwerk te verlaat, daarom reken verstandige boere op akkurate, tydige ontledings van NviroTek Laboratoriums se puik span ervare kenners.
Presiesheid is die wagwoord by dié laboratoriums van internasionale standaard. Om dit te verseker, word net die beste personeel, toerusting en tegnieke gebruik om die volgende dienste aan boere te lewer:
Grondontleding
Grondontleding stel die boer in staat om presies die regte hoeveelheid duur bemestingstowwe te gebruik om die beste resultate teen die laagste koste te behaal. Veral presisieboerdery steun baie swaar op tydige, akkurate grondontledings.
NviroTek Labs se grondlaboratorium kan 2 000 grondmonsters binne 24 ontleed vir die standaardbepaling. Die laboratorium is immers ontwerp en toegerus na besoeke aan ses groot grondlaboratoria in Noord-Amerika en by die ALP-interlaboratoriumkontroleskema van Noord-Amerika geregistreer.
Die laboratorium volg tradisionele ekstraksiemetodes, maar bied ook op aanvraag alternatiewe soos Mehlich-3 en DTPA vir mikro-elemente. Bykomend tot standaardontledings word bepalings van byvoorbeeld koolstof, tekstuur, boor, swael en stikstof aangebied.
Na ontleding word monsters vir drie maande gebêre vir moontlike terugverwysing.
Dit is baie belangrik dat monsters reg geneem moet word om ’n ware prentjie van die situasie te kry. Boere kan geperforeerde plastiekmonstersakkies en volledige voorskrifte vir doeltreffende monsterneming by die laboratorium kry.
Blaarontleding
Blaarontleding bepaal alles wat groei se voedingstatus sodat die boer kan weet presies wat die plante se voedingsbehoeftes is. Dit verseker dat alles wat nodig is toegedien kan word, maar dat geen geld gemors word met onnodige toedienings nie.
’n Standaardontleding sluit in stikstof, fosfor, kalium, kalsium, natrium, magnesium, yster, koper, mangaan, sink, swawel, boor en molibdeen. Chloried kan bykomend bepaal word.
Blaarmonsters moet in die regte groeistadium op die regte plek aan die plant geneem word, koel gehou word en so gou as moontlik aan die laboratorium besorg word. Soos met grondmonsters, verskaf NviroTek Labs geperforeerde plastieksakkies en volledige voorskrifte vir die neem en hantering van blaarmonsters.
Waterontleding
NviroTek Labs ontleed water om te bepaal hoe geskik dit vir besproeiing, menslike of dierlike gebruik is.
Kunsmis en kalk
As jy nou weet presies wat jou grond kortkom, is dit ’n goeie gedagte om seker te maak dat dit presies is wat jy toedien. NviroTek Labs ontleed korrelkunsmis, vloeibare kunsmis en kalk om die gehalte daarvan te bepaal. As die boer twyfel kan dit wys wees om monsters vir ontleding te stuur.
Verskeie kunsmismaatskappye laat hulle produkte onafhanklik by NviroTek Labs ontleed as ’n kontrolemaatreël.
Veevoer
NviroTek Labs ontleed ook veevoer om die samestelling en gehalte te bepaal. Die laboratorium se personeel het bewese kundigheid en ervaring in die veevoervervaardigingsbedryf en verstaan die spesiale behoeftes van die bedryf.
Die laboratorium bepaal ook die voedingswaarde van lusern.
Van die land se voorste boere,landboukundiges en bemesting-en voermaatskappye gebruik NviroTek Labs se tydige, akkurate diens om produksie en gehalte te verbeter en om insetkoste te verminder.
Kliënte is gewoonlik verbaas om te hoor hoe laag NviroTek Labs se tariewe is, veral as in ag geneem word dat dit die boer duisende bykomende rande in die sak kan besorg.
Die water- en kunsmisimplikasie kan duisendvoudig die koste van ontledings wees.
Boere kan regstreeks met NviroTek Labs skakel, of deur hulle landboukundiges en verteenwoordigers van kunsmismaatskappye. Resultate van ontledings is elektronies en op papier beskikbaar.
Kontak NviroTek Labs
Data-administrateur: Leoni Erasmus
082-889-0139 lerasmus@nviroteklabs.co.za
Bestuurder Stelsels en Veevoer: Georgie Johnson
082-889-0138 gjohnson@nviroteklabs.co.za
Operasionele bestuurder: Francois Reeders
082-889-0133 freeders@nviroteklabs.co.za
Besturende direkteur: Dailena Hattingh
082-885-8699 dhattingh@nviroteklabs.co.za
Besoek ook www.nviroteklabs.co.zavir pryslyste, koerierdiensbesonderhede vir monsters en ander
interessante inligting.