Categories: NewsPublished On: 23rd June 2011

Nuwe-versappingstegnologie-hou-groot-belofte-in

By 1 min read
‘n Kaapse maatskappy, Green Cell Technologies, se eiesoortige en tegnologies gevorderde benadering tot versapping beloof om ‘n groot omwenteling in die bedryf teweeg te bring.
 
Hierdie tegnologie word Dynamic Cellular Disruption (DCD™) genoem en is ‘n gepatenteerde onttrekkingsproses van 18 spesifieke stappe wat  die selmembraan in sy geheel ontwrig. Die prosesse onttrek en stabiliseer die aktiewe molekule sonder om van hitte of chemikalieë gebruik te maak. Die maatskappy maak daarop aanspraak dat aktiewe molekule wat deur die DCD-metode onttrek word, nie gedenatureer word nie, en  feitlik geheel-en-al bio-beskikbaar is. 
 
Green Cell Technologies se uitvoerende hoof, Roy Henderson verduidelik waarom DCD ‘n ekonomiese oplossing bied: "Die hele vrug word verwerk – skil, pitte, alles om ‘n gesonder sap te lewer teen ‘n fraksie van die koste van tradisionele verwerkingsmetodes". 
 
Die maatskappy beweer dat die proses nie die smaak van die sap negatief raak nie.
 
Hulle sê hulle tegnologie genereer sewe liter sap uit een kilogram lemoene teenoor bestaande en meer tradisionele metodes wat slegs ongeveer 700 ml uit dieselfde kilogram kan kry. In proewe met appels, pere en druiwe het Green Cell Technologies vier liter sap uit een kilogram vrugte verkry.
 
Benewens hoër lewering en voedingswaarde, is daar geen afval ter sprake nie (want die hele vrug word gebruik). Dit bring mee dat vervaardigers se koolstofvoetspoor verklein aangesien geen afval vervoer hoef te word nie. Dit beteken ook ‘n laer algehele produksiekoste.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0