Categories: NewsPublished On: 14th October 2011

Nuwe-verbod-op-volstruisvleis-uitvoere

By 1 min read
Volstruisvleis-uitvoere na die Europese Unie (EU) is vandag weer opgeskort. Hierdie verbod kom pas na die uitvoere hervat is vir die hele Suid-Afrika buiten Oudtshoorn.
 
Mnr Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling het gesê dat hierdie nuwe tydelike verbod die gevolg is van ‘n positiewe uitslag van ‘n serologiese-toets vir H5 op ‘n plaas in die Mosselbaai-omgewing. 
 
"Ons is tans besig met meer toetse binne ‘n 10 km radius van die jongste geval" het hy gesê.
 
Die minister het gesê dat die volstruisbedryf so ver ‘n moeilike jaar agter die rug het. Alle uitvoere na die EU is gekanselleer sedert die uitbrake in April begin het en meer as 34 000 voëls is in die groter Oudtshoorn-gebied uitgesit.
 
Die EU het onlangs ‘n hersonering aansoek van die bedryf goedgekeur. Ingevolge die aansoek het uitvoere vir die hele land hervat op die 10de Oktober buiten Oudtshoorn. Die EU vereis dat ‘n drie maande siektevrye-tydperk verloop voordat uitvoere hervat kan word. 
 
Hierdie nuwe verbod stop weer alle Suid-Afrikaanse volstruisvleis-uitvoere.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0