Categories: NewsPublished On: 15th November 2011

Nuwe-veldtog-geloods:-Staan-Vas-Teen-Misdaad

By 2 min read
323 words
AfriForum se Staan Vas Teen Misdaad-veldtog is ʼn omvattende strategie oor hoe gemeenskappe hulself teen misdaad kan mobiliseer.
 
“Slegs wanneer gewone Suid-Afrikaners moue gaan oprol en sélf betrokke raak in hulle gemeenskappe om misdaad hok te slaan, sal ons werklik die gety teen misdaad kan draai,” het Cornelius Jansen van Rensburg, hoof van gemeenskapsake by AfriForum, gesê.
 
Die strategie bestaan uit ses stappe wat ontwikkel is ná ʼn jaar lange studie oor die funksionering van gemeenskapsveiligheidsnetwerke, het hy gesê.
 
Die doel was om ʼn basiese raamwerk vir gemeenskapveiligheidstrukture te ontwikkel en ʼn basiese raamwerk vir beste praktyke daar te stel, het hy gesê.
ʼn Verslag deur Unisa se prof Rudolph Zinn en Nantes Kelder, hoof van ondersoeke by AfriForum, het sake soos bestuur, finansiële volhoubaarheid en die betrokkenheid van mense binne ʼn gemeenskap, bestempel as sake wat die kanse sukses verbeter. Die verslag het die gebrek aan skakeling tussen veiligheidstrukture geïdentifiseer as ʼn bestaande leemte. 
 
“Ons kan slegs misdaad die nekslag toedien as georganiseerde gemeenskappe nouer en meer effektief met mekaar begin skakel,” het prof Zinn gesê. 
 
Die Staan Vas Teen Misdaad-strategie bestaan uit die volgende ses stappe:
  1. Die vestiging van ʼn landwye netwerk van gemeenskapveiligheidstrukture 
  2. Die ontwikkeling van gemeenskapsgesentreerde veiligheidsaksies
  3. AfriForum se onafhanklike ondersoekeenheid
  4. Aktiewe deelname aan gemeenskappolisiëringsforums
  5. Die verskaffing van administratiewe rugsteun en navorsing
  6. Die skep van kommunikasienetwerke en platforms
AfriForum het ook ʼn webwerf bekend gestel om gemeenskappe in staat gaan stel om met mekaar te kan kommunikeer. Die webwerf bevat die mees onlangse besonderhede van georganiseerde veiligheidstrukture van regoor die land. Bestaande en voornemende veiligheidstrukture kan ook daar registreer. Die webadres is
 
Volgens mnr Jansen van Rensburg is AfriForum van plan om ʼn aktiewe rol te speel om gemeenskappe te mobiliseer teen misdaad. “Wanneer jy betrokke is by ʼn gemeenskapveiligheidstruktuur, red jy ʼn lewe,” het hy gesê. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0