Categories: NewsPublished On: 22nd September 2011

Nuwe-soja-olie–ekstraksie­aanleg-beoog

By 1 min read
Die RussellStone Groep het onlangs ʼn ooreenkoms met Europa Crown Limited gesluit vir die ontwerp en oprigting van ʼn soja-olie ekstraksie-aanleg. Europa Crown Limited, ʼn wêreldleier op die gebied van olie ekstraksie tegnologie sal die aanleg met ‘n vermoë van 700 metrieke ton sojabone per dag oprig.
 
Die aanleg sal opgerig word op grond wat van Afgri aangekoop is, aangrensend tot hulle silokompleks in Mpumalanga. Die aanleg se ligging word as ‘n strategiese voordeel beskou aangesien dit naby aan die belangrikste sojaboon produksiestreek is sowel as die vernaamste mark vir soja oliekoekmeel wat die aanleg se hoofproduk sal wees. 
 
Volgens die RussellStone Groep sal die faseliteit soja-oliekoek en soja-olie van die hoogste gehalte lewer wat ook aan die hoogste internasionale standaarde voldoen.
 
Die omgewingsimpakstudie vir die beoogte aanleg is reeds afgehandel as ook ooreenkomste vir die voorsiening van elektrisiteit en water.
 
Die finale ontwerp vir die aanleg behoort binne die volgende drie maande afgehandel te wees en oprigting sal vroeg volgende jaar begin. Na verwagting sal die aanleg in volle produksie wees teen die eerste kwartaal van 2013.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment