Categories: NewsPublished On: 1st June 2010

Nuwe-Shell-Diesel-Extra:-Trakteer-jou-enjin-op-’n-prestasiedieet!

By 3 min read
529 words

Geld groei nie aan bome nie en elke boer probeer om die meeste waarde uit elke sent te wring. Een manier waarop die boer meer sente in sy sak kan steek, is deur diesel te bespaar. Dit geld vir trekkers, stropers en ander plaastoerusting, maar ook vir die boer se vragmotors en bakkies – elke druppel help en baie druppels maak ’n tenkvol.

Shell is aan die boer se kant en daarom het dié maatskappy ’n aantal diesel-besparingswenke vir die boer opgestel:

  • Moenie onnodig ry nie. Beplan jou ritte en doen soveel as moontlik met een keer se rywerk. Kommunikeer per selfoon of radio.
  • Vermy oortollige gewig op voertuie. Moenie onnodige goed saamry nie.
  • Bestuur egalig. Brandstofdoeltreffendheid neem af as jy te vinnig versnel of stop.
  • Kies die regte voertuig vir die werk wat gedoen moet word. Gebruik ’n ligte voertuig of motorfiets (of perd) om op die plaas mee rond te ry.
  • Gebruik die regte grootte trekker vir die werk. Sowel ’n te groot as ’n te klein trekker benadeel brandstofdoeltreffendheid.
  • Oorweeg minimumbewerking. Dit bespaar boere miljoene rande aan brandstof en lei ook uiteindelik tot beter opbrengste.
  • Onderhou enjins goed. Sorg dat lugfilters en verkoelers skoon is.
  • Sorg dat werktuie goed gesmeer is en vervang verslete tande van grond-bewerkingstoerusting. Maak seker dat ploeë reg ingestel en reg aangehaak is.
  • Waak teen te veel wielglip wat veroorsaak deur verslete bande, verkeerde banddruk en te min gewig.
  • Moenie enjins onnodig laat staan en luier nie.
  • Gebruik ’n hoër rat en laer enjinspoed terwyl ’n trekker ligte werk doen. Let op jou trekkerenjin se wringkrag-kurwe om die mees ekonomiese brandstofverbruik te bewerkstellig.
  • Moenie onnodige diepbewerking toepas nie.
  • Probeer om onkruid chemies te bestry in plaas van met skoffelbewerking.
  • As jy die pad aandurf met jou bakkie of vragmotor, let op die volgende:
  • Hou ’n eweredige spoed en moenie jaag nie.
  • Gebruik roetes met die beste padoppervlak.
  • Gebruik die lugreëling net wanneer dit regtig nodig is.
  • Gaan jou bande se druk gereeld na.

En die beste besparingsraad vir alle toepassings: Gebruik nuwe Shell Diesel Extra, wat vir jou die volgende doen:

  • Nuwe Shell Diesel Extra beperk enjin-aanpaksels sodat jou inspuiters deurgaans sterk en sekuur spuit vir beter, vollediger, skoner ontbranding, wat sorg dat jou enjin meer krag lewer, minder brandstof gebruik en langer hou.
  • Nuwe Shell Diesel Extra roei roes in die brandstoftoevoerstelsel uit, wat volgehoue enjindoeltreffendheid en ’n laer onderhoudskoste verseker.
  • Nuwe Shell Diesel Extra se setaanverbeteraar (setaan is die bestanddeel wat ontbranding bevorder) verseker dat jou enjin makliker vat. Dit verminder uitlaat- besoedeling en slytasie aan jou knormoer (selfaansitter), en verseker ’n langer batterylewe.
  • Nuwe Shell Diesel Extra bespaar jou nie net ’n groot klomp geld nie, maar ook ’n groot klomp tyd. Die skuimonderdrukker in dié diesel stel jou in staat om ’n tenk in die helfte van die tyd vol te maak en skakel vermorsing tydens die volmaakproses uit.

Vir meer inligting oor Shell se boer-vriendelike produkte, skakel 0800-027-027, e-pos ssa-cuscare@shell.com, of besoek www.shell.co.za. En moenie by die geel pomp verbyry nie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0