Nuwe-organisasie-behartig-boerdery-in-Mosambiek
![]() |
Agri SA het in vennootskap met die Mosambiekse regering getree om die belange van Suid-Afrikaanse boere te beskerm. ‘n Nuwe organisasie is in die lewe geroep om die boerdery-belange in Mosambiek te konsolideer.
Die liggaam sal as AgriSaMoz bekend staan het mnr Dirk Hanekom, woordvoerder van Agri Sa in ‘n verklaring gesê.
Die stap is ‘n voortsetting van Agri SA se onderneming om hulle landbouvermoë in Afrikalande te verbeter het hy gesê.
Die inisiatief is ook ‘n aanduiding van Mosambiek se voorneme om die land se landbou-opbrengs en voedselsekerheid te verbeter en om hulle plattelandse gemeenskappe op te hef met boerdery- en verwante bedrywe.
Mnr Piet Potgieter, ‘n boer van Noord-Wes, wat ook boerderybelange in Mosambiek het, is as president van AgriSaMoz verkies.