Categories: NewsPublished On: 26th November 2010

Nuwe-grondbewerker-is-vol-voordele:-Radium-ploeg-tegnologie-in-SA-landbou

By 2 min read

Gawe nuus vir Suid-Afrika se akkerbouers is Radium Engineering se unieke nuwe grondbewerker wat spesiaal ontwerp is om grondproduktiwiteit te verbeter.

Die gevorderde Radium Combo Ripper is ‘n kostedoeltreffende grondvoorbereidingsmasjien wat die nadelige uitwerking wat ploeg en omdraai op grond het, tot die minimum beperk.

Radium Engineering se vernuftige Radium Combo Ripper sny deur plantreste, bewerk die grond tot 500 mm diep sonder om grondlewe te benadeel en maak die saadbed mooi gelyk – alles in een deeglike, bekostigbare aksie.

Die masjien is ‘n verbetering op Radium se ou, vertroude swaardiens-beitelploeg. Hy het kouters voor om deur oppervlakstoppels te sny sodat die tande en hamerkopskare deur die grond kan beweeg sonder ‘n saampakkery.

Hy het ook ‘n dubbelaksieroller agter om die bewerkte oppervlak gelyk te maak en om ongewenste kluite te breek sodat jy die perfekte saadbedding het om in te plant.

Konvensionele intensiewe grondbewerkingstelsels het boere in staat gestel om opbrengs drasties te verhoog, maar, soos ander verantwoordelike kundiges, het Grant Roest, Radium Engineering se hoofbestuurder, kwellinge oor die energie-intensiewe aard van daardie stelsels, en ook oor hulle nadelige uitwerking op grondproduktiwiteit en die omgewing, gehad.

Die Radium Combo Ripper is in verskillende sleepmodelle beskikbaar, van 5 tot 21 tande en met ‘n werkwydte vanaf 2,5 tot 10,5 meter. Die modelle met 15 tot 21 tande (werkwydte 7,5 tot 10,5 meter) vou hidroulies op vir maklike vervoer.

Om dié probleme te bowe te kom is die nuwe Radium Combo Ripper ontwikkel. Dit pas by die natuurlike grondbiodiversiteit om ‘n gesonde grondmikro-omgewing te skep, wat natuurlik belug is en in staat is om die beskikbare water op te neem en aan plante beskikbaar te stel. Die voedingstofsiklus en afbraak van organiese materiaal word verbeter om volhoubare winsgewende boerdery te ondersteun.

“Boere se insetkoste word deesdae al hoe hoër, terwyl daar van hulle verwag word om produkte teen die laagste pryse te lewer,” sê Grant. “Daarom moet insetkoste verminder word om volhoubaar winsgewend te kan boer. Die minimum-bewerking Radium Combo Ripper is die perfekte oplossing vir die probleem.”

Die Combo Ripper gee niks toe op werkdiepte, werkwydte en ekonomiese benutting van trekkerkrag nie. Daar is meer kouters voor – een elke 250 mm in ‘n verspringende rangskikking om oesreste op die land doeltreffend te sny om pad te maak vir die beitels.

Soos die Radium swaardiens-beitelploeg, werk die Combo Ripper tot 500 mm diep. Daarna kom sy dubbelaksieroller met sy harde, ineenskakelende vingers wat grondaanpak verhoed, agterna om die perfekte saadbed te skep.

Die Radium Combo Ripper is in verskillende sleepmodelle beskikbaar, van 5 tot 21 tande en met ‘n werkwydte van 2,5 tot 10,5 meter. Die modelle met 15 tot 21 tande (werkwydte 7,5 tot 10,5 meter) vou hidroulies op vir maklike vervoer.

Radium Engineering bestaan al sedert 1976 as vervaardiger van landboutoerusting wat die boer buitengewone gehalte, vernuftige ontwerp, betroubaarheid en nommerpas naverkoopdiens bied.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0