Categories: NewsPublished On: 22nd June 2011

Nuwe-boek-oor-rooibosboerdery-dui-die-pad-na-volhoubaarheid-aan

By 1 min read
Rooibosboere het ‘n splinternuwe handboek oor volhoubare rooibosboerdery ryker geword. Die publikasie, wat bestempel word as die eerste van sy soort vir rooibosproduksie, is ‘n praktiese gids wat boere alles sal leer oor hoe om aan plaaslike en internasionle produksie-standaarde te voldoen.
 
Die boek het ook ten doel om die verlies aan biodiversiteit as gevolg van rooibosproduksie te stuit deur ‘n stel uitgewerkte bestepraktyk-riglyne voor te hou.
 
Benewens omgewingspraktyke word sosio-ekonomiese standaarde by die produksie van rooibos ook behandel en dit maak ook deel van die sertifiseringproses uit.
 
Die boek is in A4-formaat,  belaan 120 bladsye, is volkleur en ontwerp vir maklike naslaan van inligting deurdat die vyf hoofstukke elk met sy eie kleurkode gemerk is. Daarin word standaarde, geïntegreerde stelsels, arbeidsverhoudinge, ekonomiese bemagtigingskwessies en omgewingsbestuurstegnieke behandel. 
 
Dawie de Villiers, direkteur van die Suid-Afrikaanse Rooibos Raad, verantwoordelik vir die bestuur van natuurlike hulpbronne en biodiversiteit, sê die handboek hou groot voordeel vir die bedryf in. "Dit sal van onskatbare waarde wees om boere voor te berei vir sertifisering, maar die raad en wenke in die boek is ook ten voordeel van alle rooibosboere. Dit kan net bydra tot ‘n sterker en uiteindelik meer volhoubare bedryf ".
 
Die Handboek vir die Implementering van Rooibos Standaarde is in Afrikaans en Engels beskikbaar en kan by die Suid-Afrikaanse Rooibos Raad bestel word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0