Categories: NewsPublished On: 20th May 2011

Nuwe bestuurder vir Cape Wools

By 1 min read

Cape Wools het aangekondig dat mnr Louis de Beer (40) aangestel is as die nuwe bestuurder van verteenwoordigende wolliggaam. Mnr Geoff Kingwill, voorsitter van Cape Wools sê hy sal op 4 Julie diens aanvaar in die plek van mnr André Strydom, wat met vervroegde pensioen uittree.

Mnr De Beer het die kwalikasie B Compt (Hons)/(CTA) deur Unisa voltooi nà sy voorgraadse studies op Stellenbosch. Hy was die hoofbestuurder van die wynlandgoed Allee Bleue in Franschhoek voordat hy ’n posisie as nasionale verkoopsbestuurder vir Cape Diamond Wines, ’n volfiliaal van Lutzville Wingerde Bpk aanvaar het. 

Mnr De  Beer sê hy is passievol oor die landbou en sien uit na die nuwe uitdaging in die wolbedryf. Hy is getroud en het drie kinders.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment