Categories: NewsPublished On: 14th July 2010

Northmec-se-Jacto-Arbus-2000-vir-gesonder-oeste

By 3 min read

Die vale ritteltit is wat swamme en witroes en kodlingmotte en ander peste en plae kry as hulle net aan Northmec se Arbus 2000-spuit dink.

Want die Arbus 2000 versprei jou beheermiddel dat hy soos ’n gees van geregtigheid regdeur jou boord swewe om elke skuilhoekie deeglik te benat en elke ongenooide gas uit jou bome te boender.

Georgie Gibson van Doornkraal Boerdery produseer elke jaar digby die
20 000 ton appels en pere op 330 hektaar in die Witzenbergvallei knap anderkant Ceres.

Hy wil nie eers wonder hoe hy dit sou kon regkry sonder sy twaalf Arbus-spuite nie. Die bedreiging is gedug. Elke boom moet vir tien tot vyftien bespuitings elke sewe dae gespuit word en daarna drie tot vier bespuitings elke veertien dae.

Vir hierdie reuse werkvolume het jy ’n spuit nodig wat sy man kan staan: Northmec se Arbus 2000. En boonop moet daardie spuit doeltreffend wees, maklik werk, min trekkerkrag verg, ekonomies bedryf kan word en jou nie ’n arm en ’n been kos nie.

Arbus is dit alles en veel meer: Sy sproeiers is nie soos ’n gewone spuit s’n sommer enige plek op die balk geplaas nie. Nee, hulle is gespasieer – dertien aan elke kant – om ’n spuitpatroon volgens ’n vrugteboom se vorm te lewer sodat die benatting elke keer deeglik, volledig en eweredig is.

Met die Arbus hoef die operateur niks uit te werk of te bereken of te verstel nie. Sy werk is maklik en laat min moontlikheid vir foute.

Waar gewone spuite se inhoud deur middel van sirkulasie of outydse spane volgens die beginsel van hoop-dit-werk rondgekarring word, meng die Arbus syne deeglik met sy unieke skroef. Dit beteken dat jou mengsel altyd honderd persent homogeen is en dat jy nie ’n deel van jou spuitkrag aan ’n mengaksie hoef af te staan nie.

Om jou Arbus se binneste strykdeur smetloos suiwer te hou, is sy filter maklik bereikbaar en so ontwerp dat hy makliker en deegliker skoon­gemaak word as gewone spuite s’n. Hy vang vullis aan sy binnekant op sodat jy hom kragtig van buite kan skoonspuit.

Die Arbus het ’n ekstra tenk van 100 liter voor op sy neus met ’n oulike spuit om jou gifbeker uit te was en om vanaand, as jy klaar gewerk het, die laaste gif uit te spoel soos Eurogap-spesifikasies vereis. Dit bespaar baie tyd en moeite.

Die Arbus se staal-onderstel is met ’n roeswerende epoksielaag bedek sodat hy nie so maklik skeur soos die gewone spuite se gegalvaniseerde krakerige karkasse nie.

Georgie het sy eerste Arbus-spuit in 1992 gekoop. Hy het al ander spuite ook gehad, maar dure ervaring het hom laat besef dat jy beter af is met Arbus.

Hy is ekonomies om te onderhou, hy is eenvoudig om te gebruik, hy werk beter in die wind as ander spuite, hy is maklik om aan te werk indien nodig, onderdele is vrylik beskikbaar, Northmec bied goeie diens, die prys is mededingend en hy voldoen aan die strengste stan­daarde wat Eurogap, Nature’s Choice, HACCP en BRC stel.

David Malherbe van Agterfontein in die Warm Bokkeveld is ook een van die talle boere wat op Arbus vertrou om sy vrugte-oes aan die kloue van peste en plae te ontruk.

Die Jacto-spuit wat David twaalf jaar gelede gekoop het werk vandag nog. Hy het bloot ’n nuwe een, saam met ’n Case JXN 1095-boordtrekker met kajuit, aangeskaf om darem tred te hou met die tegnologie.

Dat ’n Arbus so lank hou is geen wonder nie, glo David.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0