Northmec (NMI): Laat jou stroper skitter met ՚n Geringhoff-plukkerkop

DSC_0078-1536×1024
Mielielande regoor die wêreld weet as ՚n Geringhoff-plukkerkop sy tone tussen jou rye instoot is jou werk gedaan; die meester neem oor! Alles wat die boer in die silo wil sien word perfek en pynloos na die stroper se pens gevoer en wat agterbly is ՚n gladgeskeerde stoppelland met materiaal wat reg lê om die grond vir die volgende aanplanting te voed.
Geringhoff is die oudste landboumaatskappy in die wêreld en bly aan die voorpunt van gehalte en tegnologie, want hulle luister na die terugvoering van boere op elke vasteland.
By die stroperresies vanjaar het Northmec (NMI) se Case IH 8250 met sy Geringhoff Mais Star-plukkerkop skoonskip gemak in die klas 8-afdeling. Bertus Barkhuizen verduidelik wat die plukkerkop so laat skitter:
“Een van die belangrike verbeterings aan die tafels is dat Geringhoff oorgegaan het na ՚n ronde raamwerk in plaas van vierkantig, wat die tafel ligter maar sterker maak,”
sê hy.


‘n Voordeel van ‘n ligter tafel is minder stremming op die stroper, vinniger reaksie en minder grondkompaksie.
՚n Eerste in die wêreld is dat die voerkettings se spanning outomaties gereguleer en aangepas word terwyl die stroper werk. Met die outomatiese verstelling word die plante altyd teen dieselfde spoed ingetrek vir gladder en meer eweredige werkverrigting.
Die kettingspanners werk saam met die gepatenteerde kettingratte om die aandrywingstelsel teen verstoppings te beskerm en ratkasfaling te vermy. Die voerkettings word maklik vervang met ՚n spesiale gereedskapstuk wat Geringhoff voorsien.
Elke gryper wat die plante invoer het vier verharde lemme wat ‘n langer leeftyd tot gevolg het. Flappies verseker dat daar minimale vermorsing op die grond is.
Elke toon kan afsonderlik op- of afgestel word soos jy dit wil hê en dit kan ook maklik opgelig word vir enige herstelwerk of onderhoud.


Die awegaar se posisie word maklik verstel dit ook groter, wat meer oppervlak bied om materiaal deur te voer.
Die dekplate wat die koppe afpluk is verstelbaar vanuit die kajuit.
NMI het Mais Star-plukkerkoppe beskikbaar vanaf ՚n 4-ry tot ՚n 16-ry, maar nog wyer tafels kan inge-voer word. Enige rywydte kan bestel word, maar dit is as standaard in 91 en 76 cm beskikbaar.
Vanaf ‘n 8-ry, 91-cm kry die tafel as standaard wanneer jy deur NMI koop, hoogtebeheersensors – tegnologie vir die operateur se gemak.

Bertus sê dit is ook moontlik om rybeheer/ryvolging (row guidance) te installeer wat sal sorg dat die tone presies in die middel van die rye bly vir meer doeltreffende stroopwerk.
Kyk hier na ՚n video oor die Geringhoff Mais Star en as jy jou stroper wil laat skitter met so ՚n uitstekende pasmaat, besoek gerus jou naaste NMI-handelaar.