Categories: NewsPublished On: 21st June 2011

Noordwes-Universiteit-spog-met-nuwe-rekenaarsentrum

By 1 min read
Die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het danksy ‘n borgskap van Senwes ‘n splinternuwe rekenaarsentrum vir die opleiding in navorsingsmetodes en ekonometrie gekry. 
 
Vir ekonometrie rus die sentrum studente beter toe deur ingewikkelde ekonomiese probleme met behulp van rekenaarpakkette op te los. “Die sentrum sal nagraadse studente help om die teorie wat hulle in Ekonomie, Risikobestuur en Internasionale Handel leer, toe te pas,” het prof Wilma Viviers, direkteur van die Skool vir Ekonomie gesê.
 
“Wanneer die onderrigmetodes ‘n meer praktiese aanslag het, is daar ‘n groter belangstelling onder studente om nagraads verder te studeer,” het prof Herman van Schalkwyk, Rektor van NWU se Potchefstroom-kampus gesê. 
 
Die sentrum, toegerus met 50 rekenaars, kan deur nagraadse studente vir hulle navorsingswerk gebruik word.
 
Die universiteit en Senwes beoog om ook saam te span wanneer  Landbou-ekonomie volgende jaar as vak by dié fakulteit aanbied gaan word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0