Categories: NewsPublished On: 3rd November 2010

NK-Adagio-CL-neem-leierposisie-in-Clearfield®-mark

By 1 min read

Die sonneblomkultivar NK Adagio CL is tans een van drie wat deur BASF se kwalifiserende-stelsel goedgekeur is om in die Clearfield®-produksiestelsel gebruik te word. Die Clearfield®-produksiestelsel is ‘n genetiese weerstand van sonneblom teen die Imidasolinoon-groep onkruiddoders. Onder dié stelsel is die weerstand egter ingeteel en nie deur genetiese modifikasie bewerkstellig nie.

Dit is die eerste en die enigste na-opkoms onkruidbeheer vir sonneblom. Die bespuiting van Euro-Lightning® ongeveer drie tot vier weke ná aanplanting bied baie goeie beheer teen meeste probleem-onkruide. Sy lang nawerking hou die sonneblomland skoon vir ’n groot deel van die groeiseisoen.

Alhoewel die Clearfield®-produksiestelsel nog maar nuut in Suid-Afrika is, word dit reeds enkele jare met groot welslae elders in die wêreld gebruik. In sommige Europese lande maak Clearfield®-sonneblom meer as 80% van hulle algehele sonneblom-aanplantings uit. In Argentinië, waar produksietoestande goed met Suid-Afrika vergelyk, bestaan meer as 20% van die aanplantings reeds uit Clearfield®-sonneblom.

Plaaslike proewe van die afgelope jare bewys dat NK Adagio CL ’n baie gedugte Clearfield®-kultivar is en dat dit  goed met die opbrengs van meeste nie-Clearfield®-kultivars kompeteer. Onderstaande grafiek bewys waarom meeste produsente NK Adagio CL verkies as dit by Clearfield®-kultivars kom.

Grafiek 1: Syngenta-sonneblom-resultate, gemiddelde vir 2009/2010
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0