Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Nissan-se-NP300-Hardbody:-Hierdie-stewige-bakkie-skrik–vir-niks!

By 2 min read

Uiterste uitdagings word gestel aan ‘n vloot bakkies wat op slaggatpaaie, grondpaaie, sinkplaatpaaie, plaaspaaie en selfs waar daar geen paaie is nie, moet draf en werk.

Gewoonlik moet so ’n bakkie boonop ’n volle vrag dra terwyl hy uithaal om daar te kom waar sy mense en toerusting nodig is.

Wanneer Stompiesfontein se 19 stropers in uitgestrekte gebiede van ons land oor die lande dreun, is daar nie tyd om bakkies op te piep nie, sê Stompiesfontein se eienaar en bestuurder, Flippie van der Walt, wat self ook naby Delmas met mielies en sojabone boer – en vir die boerdery ook ’n Nissan gebruik.

Stompiesfontein se oudste Nissan-bakkie is ’n 2,7 Hardbody van 1998, wat met 388 000 km agter die rug nog niks meer as normale, te verwagte ouderdomskwaaltjies gehad het nie.

Hierdie betroubaarheid en bekostigbare eienaarskap maak Nissan die perfekte bakkie vir Stompiesfontein se boerdery- en strooptake, sê Flippie. “Dit is geen-nonsens bakkies met alles wat ’n mens nodig het, maar sonder tierlantyntjies en snaakse goetertjies wat breek en probleme gee.”

Flippie glo nie daaraan om ’n voertuig te oorlaai nie, maar sy bakkies dra gereeld hulle volle ton. Desnie-teenstaande, en ten spyte van slegte paaie, gee hulle onderstelle geen probleme nie – en Flippie het nog nooit nodig gehad om ’n Nissan 2,7-dieselenjin op te doen nie.

Nissan maak beste nog beter!

Net toe Stompiesfontein se mense dink hulle het die beste bakkies, toe kom Nissan met ’n nog beter bakkie – die NP300 Hardbody 2.5 Tdi, Hi-Rider!

William Manyeruke is die spanleier wat hierdie bakkie bestuur en sy oë blink as hy van sy nuwe, ratse staatmaker praat. “Hierdie bakkie ry baie lekker en hy is vinniger sodat ’n mens gouer by jou bestemming kom en meer werk kan doen. Hy dra sy vrag maklik en hy gebruik min diesel.”

Met die regte bakkie kan boer vir jou ook so soet soos stroop wees. Om meer uit te vind besoek www.nissan.co.za of skakel 0800 NISSAN.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0