Nic-Sleepwaens-vervoer-vee-veilig
Maar die dbXtream is ook die voorste planter vir mielies, kanola, lupiene, sonneblom, soja, gars, hawer, lusern, medics en tef. Jy kan hom bestel presies soos jy hom vir jou boerdery en smaak wil hê.
In die Vrystaat plant Thomas Dannhauser met hom mielies in turf op plekke waar hy voorheen glad nie kon boer nie, en oes 4 ton per hektaar.
Thomas se twaalfry-dbXtream plant so 100 hektaar op ’n normale dag.
Quintus van Staden, ’n plantkontrakteur, vertel dat jou dieselverbruik elke jaar minder word en jou oes groter namate minimumbewerking jou grondtekstuur verbeter.
Naby Amersfoort plant die broers, Thys en Dolf Bam, mielies met hulle dbXtream. Hulle het by ’n buurman, Richard Dannhauser, gesien hoe skitterend die planter werk en met die graaf die lande ingevaar om die resultate van verskillende soorte planters te ondersoek.
Die mielies wat die dbXtream geplant het se wortels ontwikkel veel gesonder as dié wat ander planters plant.
Die dbXtream skep die lekkerste groeiplek vir die plant en hy is die veelsydigste. Jy kan jou bemesting plaas presies soos jy dit wil hê: naby die saad, ver van die saad af, diep onder die saad, bietjie by die saad en die ander elders; selfs vloeibare kunsmis met ’n pypie voor of agter die toetrapwiel.
Boonop kan jy die kunsmistoediening en plantdigtheid deurgaans volgens jou oesdata of satellietfoto-ontledings verander terwyl jy plant.
Peet Steynberg van Mooiplaas naby Hendrina se dbXtream het, benewens sy saadtenk, drie tenks van 2 000 liter elk vir korrelkunsmis, vloeibare kunsmis, mis, fosfaat of fynsaad.
Die feit dat jy jou verskillende soorte kunsmis afsonderlik kan toedien bespaar vir Peet duisende rande omdat hy nou elke soort afsonderlik kan koop waar hy dit teen die beste prys kan kry.
Tel dit by die 70 liter diesel per hektaar wat Peet bespaar omdat hy nou geen ander bewerkings as plant en spuit doen nie, en jy kan verstaan hoekom hy sê: “Ek kan nie verstaan waarom ek nie lankal na dbXtream en minimumbewerking oorgeslaan het nie.”
Dink nou daaraan dat hy voorheen miljoene rande se trekkers en werktuie vir al die bewerkings gebruik het net om minder te oes en die slytasie op al daardie masjinerie, en dbXtream laat die boer se toekoms sommer heelwat rooskleuriger lyk.
’n Verdere voordeel van die dbXtream is dat sy groot houers baie saad en kunsmis hou. Jy hoef nie meer elke nou en dan te stop om saad en kunsmis in te neem nie. Thys Bam plant 8 hektaar voordat hy hoef vol te maak en dit beteken meer planttyd en minder wagtyd.
Thys is ook ingenome met die feit dat dit so maklik is om die dbXtream te kalibreer – die maklik verstaanbare rekenaar doen dit in ’n japtrap en al wat die boer hoef te doen, is om hom te verwonder aan die perfekte plantdiepte, die presiese plantspasiëring en die akkurate kunsmistoediening – en om hom te verlekker aan die groter oes wat hy teen ’n laer insetkoste behaal.
Wat die lekkerkry nog lekkerder maak, is dat Agri-Phyto se mense almal kundiges met ’n stewige landbou-agtergrond is en ’n lus het om te presteer. Hulle loop die pad tree vir tree saam met die boer en gebruik dit wat hulle by boere leer om hulle planters immer nog verder te verbeter.
Laat die natuur en tegnologie vir jou werk. Plant met dbXtream vir volhoubare sukses. As jy op die Hoëveld boer, praat met Nic Basson 084-840-0623 of Richard Dannhauser 082-463-6625.
Rinus Willemse is gereed om met boere elders in die land te praat. Skakel hom by 028-735-2425 of 082-441-7255 of e-pos dbx@dbx.co.za vir meer inligting oor doeltreffende plantwerk vir volhoubare hoër opbrengste teen ’n laer insetkoste.