Categories: NewsPublished On: 28th December 2011

Nic sleepwaens draf laglag met ’n vrag!

By 3 min read

“Die nuttigste ding wat ek nog ooit gekoop het, is ‘n Nic-sleepwa,” sê Carel Lubbe van Brandewynskuil naby Makwassie.

Brandewynskuil is ‘n familieboerdery, maar Carel het ook sy eie Merino-landskaapboerdery en hy plant ook kool onder spilpuntbesproeiing vir daardie broodnodige kontantvloei.

In albei hierdie boerderye speel Carel se Nic-sleepwa ‘n belangrike rol. Met sy dubbeldek vervoer hy ‘n hele trop skape in die grootste veiligheid en gerief, maar as Carel beeste wil vervoer, of kool mark toe wil aanry, pluk hy die verwyderbare skaapdek in ‘n japtrap uit.

Daar is ‘n doelgeskikte Nic-sleepwa vir elke taak; 147 modelle vir tot die vervoer van helikopters, krokodille en kameelperde. En as dit nie genoeg is nie, maak Nic Sleepwaens een spesiaal vir jou.

Nic-sleepwaens is van die beste materiaal gemaak en spesiaal ontwerp om die sterkste, maar ligste moontlike sleepwa te wees. Dit beteken dat jy jou sleepvoertuig se krag gebruik om die vrag te sleep, nie die sleepwa soos die geval met vele ander sleepwaens is nie.

“Alles aan ‘n Nic-sleepwa is beter as gewone sleepwaens,” sê Carel. “Hy kan heelwat meer as sy geregistreerde vrag laai, maar as jy 1 650 kg op hom laai, is jy binne die wet en dan loop hy steeds reguit en sonder ‘n geswaaiery agter die bakkie. Dis ‘n droom om ‘n Nic-sleepwa te sleep.”

Nic-sleepwaens word tot in die fynste besonderheid ontwerp om presies aan die boer se behoeftes te voldoen en van die allerbeste materiaal en met die noukeurigste sorg vervaardig om die boer jare en jare te dien – maak nie saak hoe swaar die vragte en hoe onvriendelik die paaie is nie.

En na jare se gebruik, het ‘n Nic-sleepwa ‘n baie gunstige inruilprys. Dit gebeur dikwels dat ‘n Nic-sleepwa na vyf jaar diens vir meer as sy oorspronklike aankoopprys verkoop word.

Sy soepel onderstel hou langer en absorbeer skokke en vibrasies. Sy onafhanklike veerstelsel hou langer as die ouderwetse bladveerstelsel, dit verbeter padhouvermoë en sleepgerief en dit verminder padvibrasies, wat die rit vir diere geriefliker maak sodat hulle kalmer bly en minder rondtrap.

Die Nic-sleepwa se rem- en noodremstelsel is meer as opgewasse vir enige vrag en sy liguitstraaldiodeligte is so betroubaar en sigbaar as wat kan kom.

‘n Belangrike rede vir Nic Sleepwaens se sukses is dat die boer help om die sleepwaens te ontwerp. Boere se menings word deurlopend gevra en hulle voorstelle word by die ontwerp van Nic-sleepwaens in ag geneem. Daarom het Nic-sleepwaens modderskerms en ligskerms wat stewig genoeg is om te hou wanneer werkers daarop trap, ‘n middelhek wat dit makliker maak om beeste te laai, skotbalke wat sorg dat diere op hulle plek bly terwyl jy ry, sinvolle laaiblaaie en glymatte wat die boer se taak maklik maak en diere veilig hou, hekknippe wat nooit in die ry sal losvibreer of verloor nie en veiligste veetralies wat diere deeglik op hulle plek hou sonder om hulle seer te maak.

Wat jy ook al wil vervoer, daar is ‘n Nic-sleepwa uitgeknip vir jou. Besoek www.nictrailers.co.za om te kyk watter een van die 114 agente in die land naaste aan jou is, skakel 018-673-0224 of 082-859-0904 of e-pos info@nictrailers.co.za vir meer inligting.

Die eerste ding wat werkers gewoonlik met ‘n nuwe sleepwa doen, is om sy ligte en modderskerms flenters te trap. Nic-sleepwaens is ontwerp en vervaardig om hierdie probleem uit te skakel.
 

Nic Sleepwaens se mense luister na boere om sleepwaens te maak wat presies aan die boer se vereistes voldoen. Daarom is ‘n Nic-sleepwa se trap so stewig, daarom werk sy hekke so gladweg en doeltreffend en daarom is hy so ontwerp dat alle mis afgespuit kan word sonder dat dit hoekies kan vind om in weg te kruip.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0