Nic-sleepwaens-dra-swaar,-maar-sleep-lig
Vergroot jou vragdravermoë vinnig, veilig en volhoubaar met ’n gevorderde Nic-sleepwa.
Die probleem met gewone sleepwaens is dat hulle grootliks op die patroon van ’n kaskar ontwerp is: ’n blote bak met wiele en ’n disselboom.
Daarteenoor haak jy met ’n Nic-sleepwa die heel voorste tegnologie aan jou sleepvoertuig:
- ’n Unieke onafhanklike rubberveerstelsel wat padhouvermoë bevorder, die swaartepunt by die vrag aanpas, sorg dat die sleepwa getrou en sonder swaai of bokspring agter die sleepvoertuig volg en wat nooit pap word of gaan lê nie. Die veerstelsel demp ook die oordrag van padvibrasie, wat sorg dat diere wat vervoer word veel rustiger bly.
- ’n Soepel onderstelontwerp van die beste staal absorbeer skokke vir beter padhouvermoë en verseker dat die sleepwa moeilike omstandighede makliker hanteer en langer hou – selfs op slegte paaie.
- Saam met die veerstelsel en onderstelontwerp, sorg die lae windweerstand dat jy makliker sleep en minder brandstof gebruik.
- Gevorderde vragvoelremme en ’n noodremstelsel wat regtig werk verhoog veiligheid.
- Nic Sleepwaens maak die beste sleepwa vir elke taak – of jy beeste, perde, kameelperde, volstruise, krokodille, helikopters, laaigrawe, meubels of selfs rommel wil vervoer, daar is ’n sleepwa perfek vir jou doel; selfs lykwaens, vuurvegters en kosstalletjiewaens.
As jy ’n sleepwa wil hê wat jaar na jaar elke dag hard werk in enige omstandighede en agterna ’n baie goeie herverkoopprys behaal, skakel nou vir Nic Sleepwaens by 018-673-0224. Besoek ook Nic Sleepwaens se webwerf
www.nictrailers.co.za.