New Holland wys hulle bielie boordtrekkers by NAMPO Kaap 2023

New Holland boordtrekkers Nampo Kaap Thumbnail
New Holland Landbou het vanjaar weer sy verskyning by NAMPO Kaap gemaak. Die tentoonstelling van werktuie op die NAMPO-oesdag weerspieël die maatskappy se toewyding om aan enige boer van die noorde tot die suide werktuie te bied wat voldoen aan een en elkeen se behoeftes. New Holland se blou het vele boere beïndruk by NAMPO Kaap.
Hulle boordreeks was ook ‘n groot aantrekkingspunt vir boere in die omgewing. Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder van New Holland Suider-Afrika vertel meer oor hulle bielie reeks boordtrekkers.