New Holland TH7.32-telehanteerders, bereik nuwe hoogtes

th7 reg
So goed soos goud
Vir meer as 20 jaar bied New Holland se telehanteerders ‘n ongeëwenaarde mengsel van werkverrigting, betroubaarheid en bekostigbaarheid aan boere.
Veelvuldige toepassings
Party boere verkies ‘n telehanteerder met die reikwydte om groot bale op te tel, te vervoer en te stapel; ander verkies ‘n rates, beweegbare vir daaglikse vir veevoerpligte ; en nog ander vir vele take tussenin. Die modelnommer gee ‘n breë aanduiding van die telehanteerder se maksimum hefhoogte en kapasiteit.
Die TH7.32-model lig ‘n las van 3 200 kg tot 7 m hoog.
Verbeterde werkverrigting en ekonomie word gekoppel aan verbeterde gemak en verlaagde bedryfskoste. Die heel nuutste kajuit stel ‘n maatstaf vir lae geraas en gerief.
Belangrike kenmerke
Die TH7.32 is gemaak om die mees veeleisende take te alle tye met maksimum produktiwiteit en gemak baas te raak. Hierdie telehanteerder se Vlak III, 4,5 liter NEF-enjin lewer 133 pk. Sy PowerShift™-ratkas met 4 vorentoe- en 3 trurat lewer ratsheid waaroor ‘n boer maar net kan droom.
Uitstekende sigbaarheid en gemak
Die nuwe TH-reeks se gevorderde kajuitontwerp bied verbeterde gerief, geraasonderdrukking en sigbaarheid vir maksimum produktiwiteit. Die sig is verbeter danksy ‘n skuinser enjinkapontwerp aan die regterkant van die kajuit.
Verbeterde gehalte
Die TH-telehanteerder het ‘n dubbele U-vormige robotgesweisde balk, wat uiters stewig en duursaam is. Die H-vormige onderstel besonder sterk en is ontwerp om in die mees veeleisende toepassings te werk.
TH vra min, gee baie
Staantyd is die vyand van produktiwiteit, en daarom is alle TH-telehanteerders ontwerp om met geringe daaglikse roetinesorg getroue diens te lewer.
Briljante sigbaarheid
Uitgebreide navorsing deur New Holland het gelei tot die ontwikkeling van die 360° Vision Cab. ’n Sleuteldoelwit was om ‘blindekolle’ oor die voorkant van die balk te help verminder, veral wanneer dit heeltemal opgelig en heeltemal laat sak is. Deur ‘n breë en diep voorruit met skraal ‘A’-pilare te kombineer, word die sigbaarheid vanaf die operateur se sitplek aansienlik verbeter.
Beste in klas vir kajuitergonomie
Die armleuning bied maksimum arm- en polsgerief wanneer die beheerstok gebruik word en alle hoofbalk- en masjienkontroles is gemaklike reikafstand van die operateur.
Versekerde veiligheid
Die TH7.32 word gekenmerk deur ‘n nuwe Load Moment Indicator (LMI)-stelsel om die risikovlak te vertoon. Die LMI waarsku die operateur wanneer die masjien die maksimum gemagtigde vragtoestand bereik die kantelrisiko aantoon.
Voltydse 4WD en outomatiese vastrapbeheer
TH-modelle het voltydse 4WD met standaard voorste beperkteglipewenaar. Die ewenaar lei tot 45% van die beskikbare wringkrag oor om te verseker dat die wiel met die grootste vastrapkrag altyd krag kry.
Stuurvermoë
Die draairadius is net 3,9m. TH7.32-modelle bied outomatiese wielbelyning wanneer daar geskakel word tussen, vierwiel-, krap- en tweewiel-voorstuur.
Hoë kraguitset teen lae enjinspoed
Die telehanteerder se hidrouliese suierpomp lewer 140 ℓ/min teen alle enjinsnelhede, maar maak toe wanneer daar geen aanvraag op die stelsel is nie. Dit herlei meer enjinkrag na die kragoordragstelsel en is van waarde in pligte soos vervoer en wanneer teen ‘n kuilvoerhoop opgeklim word.