Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 1st February 2024

New Holland T6000-trekkerreeks: Altyd betroubaar, altyd nuut

By 2 min read

T6090_RangeCommand_15_MEA_057

New Holland se T6000-trekkerreeks is nie nuut nie, maar ook nie oud nie! Veranderinge en opgraderings wat met die tyd aangebring word verseker dat die blouspan op datum bly met nuwe tegnologie.

Die reeks het drie vlakke van tegnologie, naamlik DELTA, PLUS en CLASSIC en strek van 82 tot 121 kW.

Die DELTA-reeks (82 en 93 kW) is die ekonomiese reeks en is beskikbaar met ՚n rolstaaf (ROPS) of ՚n kajuit. Hierdie reeks is in 2023 opgradeer met ՚n 16×16 Electro Command-ratkas. Skakeling tussen ratte is vergemaklik deurdat geen koppelaar benodig word nie. Omdat hierdie trekker baie gebruik word om waens in druk oestyd na die silo te sleep, lei hierdie kenmerk tot minder uitputting vir die operateur. Dit bespaar ook onderhoudkoste.

Die PLUS-reeks bestaan uit die T6070 (104 kW) kajuittrekker en het dieselfde ratkas in as die DELTA-reeks. Hier is egter die geslotebaan hidrouliese stelsel van 113 liter per minuut met drie volledige hidrouliese koppelings. Al drie het vloeibeheer en twee is verstelbaar vir watter taak jy ook al benodig. Dit is ideaal vir plantwerk of enige ander hidrouliese behoeftes.

Die kajuit is modern en gerieflik en bied goeie sig.

Die CLASSIC-reeks (104 en 121 kW) is die hoëspesifikasiereeks met drukbuisinspuiting wat toegerus is met die bykomende kragfunksie (boost) in sekere toepassings. Die 18×6 Power Command-volkragskakelingratkas bied uitstekende werkverrigting en gemak vir die operateur. Dieselfde hidrouliese stelsel as die PLUS-reeks doen sy werk ook hier.

Twee standaardbande-opsies is beskikbaar, naamlik 650/65R38 agter en 540/65R28 voor, of die rygewasbande van 580/70R42 agter en 480/70R30 voor.

Volle RTX-stuurstelsel is reeds toegerus en al wat jy benodig is die RTX-sein met die verkose akkuraatheid om al jou aksies te verrig. Natuurlik het jy volle toegang tot die MYNEWHOLLAND-portaal waar jy jou plaas, vloot en data kan integreer en berg, en dit is gratis!

Voortdurende opgradering sorg dat New Holland se T6000-reeks gewild en nuttig bly

Verskeie ander opsies is ook beskikbaar, soos ՚n driepunt-hyser voor aan die trekker met hidroulika en kragaftakker.

՚n Twee-jaar/2 000-uur diensplanwaarborg is standaard op al die T6000-trekkers.

Almal het ook premium bande. Die kajuite is ruim en bied uitstekende sig.

CNH Capital-finansiering teen prima minus 8,5% oor 36 maande, met 20% deposito is ook beskikbaar op die hele T6000-reeks. Die 15% BTW op jou transaksie word ook gefinansier en jy kan dit terugvorder binne drie maande. Dit verminder jou aanvanklike deposito aansienlik en versterk jou kontantvloei.

Vir meer inligting, kontak jou naaste New Holland-handelaar of besoek www.newholland.com/za. Skakel ook vir Jaco du Preez by (+27)82-524-8898.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment