Categories: NewsPublished On: 14th July 2011

Natuurvriendelike-smeermiddels-bekend-gestel

By 1 min read

‘n Suid-Afrikaanse maatskappy, Blue Chip Lubricants, het ‘n reeks smeermiddels wat bio-afbreekbaar is, bekend gestel. Die reeks, wat bekend staan as Blue Chip Pure Lubricants word van hernubare bronne gemaak, in teenstelling met sintetiese bio-afbreekbare smeermiddels wat ook in die mark beskikbaar is.

Daar word geraam dat omtrent 50% van alle gebruikte olies êrens in die omgewing beland. Smeermiddels met ‘n petroleumbasis breek nie maklik af nie en kan groot skade aan die natuur aanrig. Een liter olie kan tot een miljoen liter water besoedel. Gary Marais, besturende direkteur van Blue Chip, sê as gevolg van die vinnig stygende prys van petroleum produkte en die toenemende afhanklikheid van invoere, asook die noodsaak om die omgewing te beskerm, het dit tyd geword dat die bedryf ‘n oplossing vind.

Die Pure-reeks het dieselfde eienskappe en werkverrigting as gewone smeermiddels, maar indien dit in die natuur beland, sal dit binne twee maande tot natuurlike elemente afbreek.

Die reeks maak voorsiening vir die landboubedryf, myne, seevaart, bosbou en die nywerheidsektor en is nasionaal beskikbaar. Meer inligting kan op die webwerf www.bcl.co.za gevind word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment