Categories: NewsPublished On: 28th June 2010

Natural Power bied 'n kragtige oplossing

By 1 min read
293 words

&ldNatural-Power-bied-n-kragtige-oplossing/p>

Stygende elektrisiteitspryse en die knaende dreigement van beurtkrag, het egter veroorsaak ons nie anders kan as om weer te bespaar en natuurlik om aan alternatiewe kragbronne te dink nie.

Natural Power het ‘n studie gemaak van kragverbruikspatrone en bied ‘n unieke benadering om nie net geld te spaar nie, maar ook ons omge-wing te verbeter deur groen tegnologie te gebruik.

In ‘n gemiddelde huishouding wat sowat 1 200 kWh (of 2 000 kWh in die winter) per maand gebruik lyk die kragverdeling so:

Ligte: 30 – 40%
Waterverwarming: 25 – 45%
Kosvoorbereiding: 20 – 30%
Elektriese toebehore en vermaak: Meestal meer as 50%

Gestel jou huis het 30 ligte. Die ligte alleen kan 2,7 kWh krag per dag gebruik! Met ‘n Natural Power LED-sonkragligstelsel kan jy in die eerste jaar R1 000 bespaar, in jaar twee R1 300 en in jaar drie R1 690. As ’n miljoen huishoudings dit doen, het ons een kragstasie minder nodig!

Vir waterverwarming is daar verskeie sonkragstelsels op die mark. Maak net seker die stelsel wat jy aankoop is SABS-goedgekeur en nie een of ander swak ingevoerde produk nie. Daar is sonkragwaterverwarmers wat ook vir beligting voorsiening maak.

Voedselvoorbereiding bied ‘n uitdaging omdat dit duur is om in die geheel oor te skakel na iets soos gas.

Ander elektriese toebehore soos wasmasjiene, mikrogolfoonde, skottelgoedwassers en vermaalikheidstoestelle soos televisiestelle, klankstelsels en dekodeerders, gebruik baie meer krag as wat ons dink. Natural Power bied ‘n paar oplossings, veral vir rugsteun gedurende kragonderbrekings.

Dit is natuurlik moontlik om jou huis heeltemal los te maak van die nasionale kragstelsel, dit kan tussen R150 000 en R450 000 kos. Onthou net dat, hoewel die aanvanklike koste hoog mag lyk, jy daarna baie sal bespaar.

Begin vandag nog met die groen rewolusie. Skakel Natural Power om uit te vind hoe: 012-656-8467,
083-403-8056 of info@naturalpower.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0