Nat-weer-lei-tot-skade
‘n Hewige storm in Heksriviervallei die afgelope week kan tot groot verliese in die tafeldruifbedryf lei.
Volgens die Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe Instituut (SATI) is ten minste vyf produsente getref deur swaar donderstorms. Sterk winde en opvolgreën het verdere skade aangerig. As gevolg van die buitengewone nat weer wat voorgekom het in die Heksriviervallei verwag produsente verliese van tot 3% van veral die tafeldruif-oes.
Haelskade van tussen 5 en 60% is aangemeld wat na raming tot die verlies van 500 000 kartonne van 4,5 kg elk kan lei. Die verwagte 17,8 – 18,2 miljoen kartonne word dus afgebring na 17,3 – 17,7 miljoen.
Boere in die Oranjerivierstreek is ook bekommerd dat baie reën in die stadium hulle wyn se gehalte nadelig sal beïnvloed. Asook die rosyntjie-oes wat van warm, droë toestande afhanklik is.
Die nat weer in die noord-ooste van die land het groot skade aan infrastruktuur aangerig sowel as landboubedrywighede gekniehalter. Maar volgens die Sitrusprodusente-vereniging (CGA) verwag hulle geen langtermyn invloed op die sitrusoes nie.
Volgens Justin Chadwick, hoofuitvoerende beampte van CGA het die area byna sy totale jaarlikse reënval op een slag gekry toe daar 380 mm geval het in Hoedspruit as gevolg van sikloon Dando. Maar mnr Chadwick voeg by dat die son reeds weer skyn en dat die sitrusbome nou genoeg water gekry het.
Bron: www.freshfruitportal.com, Beeld