Nat-toestande-sal-voort-duur-soos-wat-La-Nina-laatwaai
Nat weer is die somerreënvalgebiede van Suid-Afrika se voorland. Dit is weens die La Nina-weerverskynsel wat sy invloed vir die res van die seisoen sal laat geld, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gesê.
"La Nina-toestande sal in Januarie en Februarie oor die somerreënvalgebiede versterk, en eers in Maart opklaar," het senior weervoorspeller Jan Vermeulen gesê.
La Nina (wat "die meisie" beteken) staan soms ook as "anti-El Nino" bekend omdat die gevolge daarvan gewoonlik die teenoorgestelde is as wat tydens El Nino ("die seun") ervaar word.
La Nina en El Nino is die gevolg van die interaksie tussen die see en atmosferiese toestande.
Terwyl El Nino in Suider-Afrika verband hou met ‘n warmer as normale see in die oostelike Stille-oseaan, word La Nina gewoonlik voorafgegaan deur ‘n El Nino-tydperk veroorsaak deur koeler oseaan temperature.
Die twee is wedersyds afhanklik en daar word gesamentlik na hulle verwys as die El Nino Suidelike Ossillasie (ENSO).
El Nino hou verband met droë toestande, maar die aanvang van ‘n La Nina-verskyning lei tot normale of bo-normale neerslag.
Die laaste helfte van ‘n La Nina-verskyning is gewoonlik natter, wat beteken dat die reënweer wat ons die afgelope tyd oor groot dele van die land ervaar het, sal toeneem na die einde van die jaar toe, en ook aan die begin van 2012.
Bron: News 24